Dit is net ‘n kwessie van tyd totdat oorvol strate in die groot metro-gebiede van die VSA en Wes-Europa op hierdie manier deur ISIS geteiken word.
ISIS militante spog oor hul bewapende hommeltuie wat die terroriste-organisasie in Mosul ontplooi het.
In ‘n video vrygestel deur die terroriste, wys hulle tonele geneem deur ‘n ander tuig om te wys wat die impak van ‘n aanval op ‘n groep van niksvermoedende mense in ‘n straat is.
Wanneer voertuie begin om te reageer op die toneel, word ‘n selfmoordbomaanvaller in ‘n motor ingestuur vir ‘n opvolg-aanval om die maksimium sterftes te veroorsaak.
En terwyl die “ISIS hommeltuigprogram” onwaarskynlik ‘n vlak van sofistikasie sal bereik wat nodig is om gepantserde voertuie op te blaas, het die voormalige Amerikaanse spesiale magte soldaat, Mitch Utterback gesê die aanvalle in nogtans baie effektief.
‘n Verslaggewer en kameraman is verlede week beseer in ‘n ISIS hommeltuigaanval op oostelike Mosul.
ISIS het kommersiële tuie aangepas om 40mm geweergranate af te gooi. Hulle word gevlieg deur die operateur oor Irakse troepe en die granaat word laat val deur elektroniese opdrag. Slegs in die helfte van alle gevalle is teenoptrede suksesvol.
ISIS het voorheen staatgemaak op onbemande tuie, maar gebruik nou klein sogenaamde “vierwielkopters” om ammunisie te laat val.
Utterback, wat die toestelle ontdek het, sê: “Irakse magte is baie, baie bekommerd hieroor. My kommer is dat hulle gebruik sal word om spesifieke, hooggeplaaste offisiere wat die leiding op die grond teen die Islamitiese staat neem, te teiken.”
Dit kan net ‘n kwessie van tyd wees voordat ISIS hierdie toestelle teen Westerse stede inspan.
Die VSA se militêre magte is reeds besig met die evaluering van meer as 20 stelsels om hommeltuie onskadelik te stel, het The Washington Times berig.
Ingesluit in die nuwe beeldmateriaal van ISIS is ‘n Chinese Skywalker X8 tuig, wat vryelik beskikbaar is op Amazon.