Duitse redakteur hits moord op Trump aan

Deel op

‘n Duitse koerantredaktuer Josef Joffe het homself by die oproepe deur linkses geskaar dat Donald Trump vermoor behoort te word ten einde hom uit sy amp te verwyder.

Die kriminele voorstel deur Joffe is op ARD – ‘n openbare uitsaaier – op 22 Januarie 2017 gedoen. Joffe het niks oorgekom nie, ‘n aanduiding dat die Duitse owerhede geen probleem daarmee het nie.

Joffe is die redakteur van Die Zeit, ‘n weeklikse Duitse koerant. Hy is ook ‘n spesiale professor in politieke wetenskap aan die Stanford Universiteit.

Na ‘n oproeper aan die Duitse besprekingspaneel gevra het of daar “nog steeds ‘n manier is om die Trump katastrofe” uit sy amp te verwyder, het Joffe voorgestel dat iemand in die Withuis hom vermoor.

Constanze Stelzenmüller, mede-gasheer, het die “bespreking” oor hoe om van Trump ontslae te raak gelei. Dit was meer van ‘n propaganda-oefening want daar is nie ‘n groot kans dat die linkses gaan slaag nie.

“Daar moet ‘n gekwalifiseerde twee-derde meerderheid van die senaat wees ten einde hom uit sy pos te dwing. Dit is polities en juridies redelik onmoontlik, baie moet nog gebeur, want ons is baie ver daarvan,” het sy gesê.

Joffe daarna kalm voorgestel dat die aangewese ding is: “Moord in die Withuis, byvoorbeeld.”

Die vroulike aanbieder het voortgegaan asof Joffe ‘n grap oor die voorgestelde moord gemaak het, maar Joffe was skaars in ‘n vriendelike bui toe hy die misdaad op die lug aangehits het. Joffe was merendeels op die rand van ‘n stuipe tydens die program, behalwe toe hy die oproep om moord gedoen het.

Dieselfde linkses wat buite hulself van verontwaardiging raak as iemand sinspeel op geweld teen Barack Obama of ander verraaiers, preek gereeld sluipmoorde op Trump en rand sy ondersteuners aan.

Op die dag voor die inhuldiging, was CNN steeds aan die bespiegel oor wat sal gebeur as Trump vermoor word.

CNN het ‘n segment vroeër uitgesaai waarin ‘n Trump-ondersteuner voorspel het dat die gewelddadige liberales “hom (Trump) gaan doodmaak” as hy verkies word, wat onmiddellik gevolg is deur ‘n Clinton-ondersteuner wat “bloed in die strate” belowe as hy wen.

Die hoofstroommedia, Lester Holt, en ander gebruik terme soos “whitelash” om Trump se presidentskap voor te hou as die rede vir ‘n rasse-oorlog in die VSA, maar gaan terselfteryd voort met hul dekking van Black Lives Matter, ‘n gewelddadige swart rassistiese organisasie, terwyl hulle “rassistiese wittes” verantwoordelik hou vir die oorwinning van Trump.

Die hele linkse oefening is dus klassieke rasbytery.

Anti-Trump protes ná die verkiesing is georganiseer selfs voor Trump nog enige uitvoerende bevel onderteken het, wat daarop dui dat die betogings nie teen enige spesifieke beleid is nie, maar teen wit Trump ondersteuners oor die algemeen.

In die VSA word die afgeleefde ou sanger Madonna nou ondersoek nadat sy gesê het sy wil die Withuis “opblaas” het Breitbart berig.

U lees op PRAAG nuus in Afrikaans wat u nêrens anders te lese sal kry nie. Dit verg baie navorsing en heelwat werk om u ingelig te hou. Ondersteun ons asseblief!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.