Le Pen toegang geweier by kamp terwyl migrante terug na Calais stroom

Pamela Anderson binne en Marine Le Pen buite
Deel op

Woensdag is die Front National se leier, Marine Le Pen toegang geweier tot ‘n migrantekamp buite Dunkirk, naby Calais.

Die linkse, pro-immigrasie burgemeester is blykbaar bang vir wat die FN-leier daar kan teëkom.

Die kamp het opgeskiet nie ver van die berugte Jungle in Calais nie. Die Jungle is gesloop deur die owerhede onlangs, maar die buitsoekers bly ‘n probleem. Hulle is teen groot koste verskuif maar Franse belastingbetalers sal weereens moet opdok, want migrante beweeg terug na die gebied waar misdaad weereens gedy.

Damien Careme, die plaaslike burgemeester en Groen Party (EELV) lid, het getwiet dat Le Pen geweier is omdat sy “gewaag het om te besoek”. Careme probeer die toesmeerdery regverdig: “Ek is die een wat Marine Le Pen toegang tot die Grande-Synthe se vlugtelingkamp geweier het – sy het die vermetelheid gehad om op te daag sonder vooraf waarskuwing” en bygevoeg, “menslikheid is ‘n waarde wat sy ignoreer”.

Die linkses is aan die kant van politieke Islam en mensesmokkelaars en verdedig die kriminele skuim by elke geleentheid deur emosionele oproepe oor “menslikheid”.

Le Pen se aankoms by die kamp, ​​wat deur die liefdadigheid Utopia 56 bedryf word, was onaangekondig. Sy het geen vooraf reëlings getref nie, want sy sou nie so die werklike toestand van die kamp gesien het nie, sê sy. “Hulle wys jou net wat hulle wil hê jy moet sien”, het sy aan die Franse uitsaaier BFMTV gesê

Op Twitter het Le Pen opgemerk: “Dit is demokrasie in Frankryk: net pro-immigrasie amptenare mag kampe besoek!”

Nadat sy toegang geweier is, het Le Pen ‘n perskonferensie buite die kamp gehou: “Ons vertel immigrante dat ons nie wil hê dat hulle na Frankryk moet kom nie, maar op dieselfde tyd, moedig ons die mense wat hier is aan om te bly.”

Die FN leier het ‘n beroep op die owerhede gedoen om op te hou om immigrante “valse hoop” te gee met gemengde seine, volgens die Express.

“Ons skep die geleentheid vir hulle om na Brittanje te gaan deur die oprigting van kampe naby die grens”. Sy het later getwiet: “Calais is ‘n martelaarsdorp wat reeds vernietig is deur die migrante krisis. Immigrante keer na Calais terug; die situasie daar het onhoudbaar geword. Ons moet beheer van ons grense terugneem.”

Die Franse regering het in gebreke gebly om die instroming van asielsoekers te stop met hul onsamehangende beleid, sê Le Pen.

Patricia Chagnon, ‘n Franse munisipale raadslid en lid van die FN, het gesê deur toegang tot die kamp aan een van die belangrikste presidensiële voorlopers te weier, het die Franse owerhede demokrasie versaak.

“Sy is ‘n kandidaat vir die presidensiële verkiesings, sy wil ‘n eerstehandse ervaring van die lewe binne hierdie kamp kry. En ons kan net uiters bekommerd wees oor die feit dat sy nie in staat was om in te gaan nie,” het Chagnon bygevoeg.

Terwyl ‘n Franse presidensiële voorloper toegang geweier word in haar eie land, is die voormalige Amerikaanse Baywatch-ster Pamela Anderson op ‘n gechoreografeerde “toer” van die Grand Synthe geneem.

Anderson se reis is deur diereregte-aktiviste Peta Frankryk geborg. “Ek is hier in Calais om asielsoekers te help wat beskerming verdien,” het die stomme Anderson verklaar, die afgeleefde boodskap die linkses.

Die moeë ou bottelblonde dierasie het voor kennisgewings in Kanadese Engels in die kamp geposeer, kennelik omdat die mensesmokkelaars en kriminele geld wil insamel mbv haar teenwoordigheid.

U sal hierdie nuus nêrens anders in Afrikaans lees nie! Selfs in Engels is dit moeilik bekombaar. Sluit dus aan by PRAAG en help ons om regte nuus te lewer. Anders is u aangewese op fopnuus!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.