Switserse bankgeheime iets van die verlede

Deel op

In die stille wêreld van Switserse banke het die ondenkbare gebeur: geheime word nou uitgelap.

UBS, die grootste bank in Switserland, het Woensdag ingestem om die name van ryk Amerikaners bekend te maak wat deur owerhede verdink word dat hulle die buitelandse bankrekeninge gebruik om belasting te ontduik.

Die bank het erken dat hulle skuldig is dat hulle die VSA se Inkomstediens wou bedrieg en $780 miljoen betaal in die skikking van 'n wye Amerikaanse regeringsondersoek na hulle aktiwiteite.

Dit is nie duidelik hoeveel van hulle kliente se name UBS sal bekend maak nie. Amerikaanse aanklaers het sowat 19,000 rekeninge by die bank ondersoek, maar UBS sal dalk op die einde net die identiteit van 'n paar honderd kliente bekend maak.

Vir sommige beteken die bekendmaking van enige name die einde van die geheime Switserse bankrekening, wie se tradisies so ver as die Middeleeue teruggaan.

"Die Switsers het gesê dit is die einde van Switserse bankwese soos hulle dit ken," het Jack Blum, 'n buitelandse belastingspesialis gesê. "Niemand sal die sekuriteit van 'n Switserse bankrekening meer vertrou nie."

Aanklaers vermoed dat vanaf laat 2002 tot 2007, USB Amerikaanse kliente gehelp het om op onwettige wyse $20 miljard te verskans, wat hulle in staat gestel het om $300 miljoen per jaar in belasting te ontduik.

UBS het sommige Amerikaanse kliente aangemoedig om rekords te vernietig en horlosies, juwele en kunswerke wat hulle gekoop het met geld van buitelandse rekeninge in depositokaste in Switserland te versteek. Die bank het hulle ook aangemoedig om Switserse kredietkaarte te gebruik sodat die IRS nie aankope kon naspeur nie.

бензиновый генератор какойФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.