Trump hou by sy woord en skop onwettige swartes uit

Dis hoog tyd maatjies!
Deel op

Trump het pas 95 Somalië burgers, en twee Keniane gedeporteer.

Die Somaliërs en die twee Keniane het op die Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe in Nairobi aangekom na die Verenigde State van Amerika hulle gedeporteer het.

In Nairobi is die nuus ook aangekondig dat die mans, wat vermoedelik in die VSA was sonder ‘n permit, vergesel is deur Amerikaanse sekuriteitsbeamptes. Die beamptes het die Somaliese burgers op ‘n vliegtuig terug na Mogadisjoe geneem.

Die Keniaanse koerant The Star skryf dat personeel by die JKI Lughawe gehoor het die Amerikaanse sekuriteitsbeamptes sê dat die deportasies ‘n gevolg is van die beleid van onwettige immigrante waarvan President Donald Trump ontslae raak, soos hy belowe het.

The Star skryf dat ‘n geskatte 30 000 onwettige immigrante van Kenia die risiko van deportasie uit die Verenigde State loop. Die onwettiges geniet verblyf in die VSA sonder die nodige papierwerk wat blykbaar onder die presidentskap Barack Obama verwelkom is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.