Republikeine druk wetsontwerp teen VN-lidmaatskap deur

Deel op

‘n Republikeinse wetsontwerp van die Huis van Verteenwoordigers het onder die radar deurgeglip wat die Verenigde State van Amerika se lidmaatskap van die Verenigde Nasies se einde kan beteken.

Die wetsontwerp, wat deur Mike Rogers, ‘n Republikein uit Alabama voorgestel is, getiteld die Amerikaanse soewereiniteitsherstel Wet van 2017, poog om ‘n volledige Amerikaanse onttrekking uit die VN te bewerkstellig, die internasionale liggaam se hoofkwartier uit New York te skop en alle deelname te staak in die Wêreldgesondheidsorganisasie.

Rogers en ander prominente Republikeine het herhaaldelik die idee ondersteun dat die Amerikaanse belastingbetalers se geld nie anti-Amerikaanse bedrywighede moet finansier nie.

Die wetsontwerp, wat op 3 Januarie aanvaar is en na die Raadskomitee oor buitelandse sake verwys is, sal die Verenigde Nasies Deelname Wet van 1945, wat in die nasleep van die Tweede Wêreldoorlog onderteken is, herroep.

“Die president sal alle lidmaatskap van die Verenigde State in die Verenigde Nasies, organisasies, gespesialiseerde agentskappe, kommissies of ander formeel geaffilieerde liggame van die Verenigde Nasies beëindig … Die Verenigde State van Amerika se sending na die Verenigde Nasies sal gesluit word. Enige oorblywende funksies van die amp sal nie uitgevoer word, nie” volgens die teks van HR 193.

Die wetsontwerp sal die ontplooiing van Amerikaanse militêre magte deur die VN beëindig, en die verlies van diplomatieke immuniteit vir VN beamptes of werknemers “op Amerikaanse bodem” beëindig.

Rogers het probeer om dieselfde wetsontwerp te laat slaag in 2015, alhoewel onsuksesvol.

“Hoekom moet die Amerikaanse belastingbetaler ‘n internasionale organisasie finansier wat werk teen Amerika se belange in die wêreld?” het Rogers gevra.

Soos ‘n ander Republikeinse ondersteuner van die wetsontwerp opgemerk het in Januarie 2015: “Ek hou nie daarvan om te betaal vir iets waar agterlike Derdewêreldlande met geen vryheid nie, ons aanval en kla oor die Verenigde State … Daar is baie redes waarom ek nie van die VN hou nie, en ek dink dat ek dit graag wil ontbind sien,” het ‘n Kentucky senator opgemerk.

“Die VN gaan voort om te bewys dit is ‘n ondoeltreffende burokrasie en ‘n mors van Amerikaanse belastingdollars.” Rogers glo die verdrae en aksies “val ons regte as burgers van die VSAaan”. Dit sluit wapenwette en die oplegging van internasionale regulasies oor Amerikaanse fossielbrandstowwe in – maar meer belangrik, die VN se aanval op Israel, “deur te stem vir Palestina se status as nie-lidstaat om permanente waarnemerstatus [aan hulle] te verleen,” het Rogers gesê in Junie verlede jaar. “Enigiemand wat nie ‘n vriend van ons bondgenoot Israel is nie, is nie ‘n vriend van die Verenigde State nie.”

Volgens berekeninge deur die konserwatiewe Heritage Foundation, betaal die VSA meer as 22 persent van alle VN-befondsing.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.