Die ANC loer onder ‘n klip uit oor Trompsburg se wit olifant

Deel op

Die datum vir die amptelike opening van die multimiljoenrandse hospitaal in Trompsburg, wat al vir drie jaar stof vergaar, is steeds nie bekend nie.

Daar is vroeër verwag dat die datum bekend gemaak sou word ná ‘n vergadering van provinsiale politici en hooggeplaaste munisipale amptenare, wat vandag in Bloemfontein ten einde loop. ‘n Foutiewe rioolstelsel word as rede aangevoer vir die jare lange gesloer met die opening van die R380 miljoen Albert Nzula-hospitaal.

In antwoord op ‘n vraag in die Vrystaatse Wetgewer het die departement aangedui dat die opening vandeesmaand gaan plaasvind.

Die LUR vir Finansies, Elzabe Rockman, het egter vanoggend aan OFM-nuus gesê verskeie dinge moet nog in plek gestel word alvorens die hospitaal sy deure kan open.

“Ons is in gesprek met die nasionale gesondheidsdepartement oor die opening. Ons het nog nie ‘n datum nie. Die LUR gaan na verwagting binnekort ‘n aankondiging daaroor doen. Ons het ‘n drie jaar tussentydse plan in plek waarna ons moontlik na drie jaar volle beheer van die hospitaal sal oorneem.”

Maar terwyl die ANC-dikkerd Rockman ‘n “plan” het, is dit duidelik dat daar nie ‘n plan van ‘n aard is nie.

Die aanstelling van nuwe gekwalifiseerde dokters – wat beurshouers van die Vrystaatse provinsiale regering is, “moet prioriteit wees” sê sy nou, want kennelik benodig die wit olifant van ‘n hospitaal mediese personeel.

Rockman het gereageer op ‘n aanduiding van die provinsiale departement van gesondheid dat die reeds platsak departement nie ‘n paar van die dokters as gevolg van begrotingsbeperkings kan aanstel nie.

Hierdie departement is onder Rockman se beheer, vir meer as ‘n jaar al en sy finansiële ellende het tot ‘n tekort aan medisyne en mediese personeel gelei.

Daar is ook ‘n agterstand in die instandhouding van mediese toerusting.

Nie dat iemand verwag dat Rockman ooit aanspreeklik gehou gaan word vir haar swak bestuur nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.