Registrasie by kollege ontwrig omdat swart studente geld en sertifikate eis

Om een of ander rede moet die toilette dit ook ontgeld. Pretoria 2016
Deel op

Die Studenteraad by een van die Motheo TVET-kolleges in Bloemfontein sê hulle sal voortgaan om studente te verbied om te registreer, totdat hulle antwoorde op hul griewe ontvang het.

Die president van die SR, Marumo Rakoena, het aan OFM-nuus gesê dat hulle tot Donderdag bedrywighede op die kampus sal staak.

Daar word verwag dat die raad van die kollege dan terugvoer sal gee nadat hulle studente vandag op die kampus toegespreek het.

Studenteleiers eis blykbaar befondsing, beter infrastruktuur, beter uitslae en uitstaande sertifikate. Rakoena voeg by dat studente vanaf volgende week nie klasse sal bywoon nie totdat oplossings vir die kwessies gevind is.

Die Suid-Afrikaanse studentevereniging vir verdere onderwys en opleiding het verlede week gedreig om bedrywighede by TVET-kolleges landwyd tot ‘n stilstand te bring.

Die Vaal Universiteit van Tegnologie het bykans eenmiljoen rand opsygesit vir beurse vir swart matrieks.

Mike Khuboni, uitvoerende direkteur van korporatiewe sake aan die VUT, sê die universiteit wil met dié beurse erkenning gee aan “verdienstelike” matrieks. Volgens Khuboni sal veertien studente met punte bo 80-persent vir een van die twee kategorieë beurse kwalifiseer.

Die beurse sal hulle hele kursus dek, op voorwaarde dat hulle al hulle vakke slaag. In die ander kategorie sal die eerste ses studente wat met al die korrekte dokumente by die registrasiepunt opdaag om by die universiteit in te skryf, finansiële hulp vir hulle registrasie en studiegeriewe ontvang.

Nagenoeg vyfduisend studente het reeds aanlyn by die VUT geregisteer, het RSG berig.

Intussen het die Plaaslike Regeringsvereniging in KwaZulu-Natal ‘n beroep gedoen op munisipaliteite om behoeftige matrikulante te help met befondsing om verder te kan studeer.

Sommige munisipaliteite soos die eThekwini Metro, KwaDukuza en Nkandla verskaf beurse aan uitblinkers. Die voorsitter van SALGA in KwaZulu-Natal, Mluleki Ndobe sê munisipaliteite kan ‘n belangrike rol speel in arm gemeenskappe om jongmense te help om verder te leer.

Hy het ander munisipaliteite aangemoedig om geld vir verdere onderrig in hulle begrotings opsy te sit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.