In Limpopo loop bejaardes onder swart aanvallers deur

Deel op

Die vierde swart aanvaller is vasgetrek wat na bewering betrokke was by ‘n aanval op ‘n bejaarde egpaar in Haenertsburg, Limpopo.

Richard en Anika Wiggel is Donderdag oorval deur swartes wat die huis se vensters gebreek het om binne te dring. Hulle het kontant, elektronika en die egpaar se voertuig gesteel.

Die aanvallers is vermoedelik dieselfde wat nog ‘n bejaarde egpaar op hul kleinhoewe naby die Magoebaskloof-hotel aangeval het.

Die lokasiebewoner van Ritavi, het ammunisie, ‘n rewolwer, 9mm pistool, drie selfone, drie afstandbeheerders en ‘n skootrekenaar by hom gehad.

Volgens die polisie sal ‘n bykomende klag van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie aanhangig gemaak word.

‘n Ondersoek na ‘n gesteelde voertuig duur voort. Die aanvaller sal eersdaag in die landdroshof op Haenertsburg verskyn.

In Warmbad (BelaBela) is nog ‘n bejaarde in ‘n aanval erg beseer en sy honde is doodgeslaan deur swart aanvallers.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.