Die swart rewolusie van brandstigting

Deel op

‘n Span van Kaapstad se brand- en reddingsdienste is aangeval in Crossroads op die Kaapse Vlakte waar ‘n brand aangemeld is.

Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith sê toe die brandbestryders op die toneel kom, was daar nie ‘n brand nie.

Die aanvallers het skade aan ‘n brandweervoertuig aangerig. Smith het die voorval skerp veroordeel.

‘n Woordvoerder van Black First Land First, Lindsay Maasdorp, het die onlangse verwoestende veldbrande in en om die Wes-Kaap bestempel as ‘n vorm van swart rassegeregtigheid.

Maasdorp sê omdat die wind en vuur God-gegewe elemente is, kan dit ‘n gevoel van geregtigheid vir swartmense verskaf wat hulle grond ontneem is.

Die Minister van Samewerkende Ontwikkeling, Des van Rooyen, het vroeër bevestig dat die brande kwaadwillig deur brandstigters begin is en ‘n ondersoek is aan die gang.

Die stad Kaapstad sê verskeie belangrike dier- en plantspesies is deur die onlangse veldbrande in die Kaapse Skiereiland geraak.

Die burgemeesterskomiteelid vir Vervoer en Stedelike Ontwikkeling, Brett Herron, sê veldwagters het op verskeie dooie slange en skilpaaie afgekom.

Hy sê twee jong bobbejane het brandwonde opgedoen en een van hulle is aan sy beserings dood. Herron sê hulle sal aanhou om die beseerde bobbejaan te monitor.

Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit moes veldbrande teen die hange van die berge by Tulbagh en in die Witzenbergvallei blus.

Die brande by die Paarl en La Motte is ook onder beheer nadat brande verlede week in die hange bó die ou Du Toitskloofpas begin het. Meer as een-duisend-vier-honderd hektaar plantegroei is vernietig en verskeie geboue, insluitende die huis op `n wynlandgoed is vernietig.

Minstens 19 brande in die provinsie, hoofsaaklik in die Kaapse Skiereiland, die Weskus en die Wynlanddistrik is kwaadwillig gestig. Die departement se woordvoerder, James Brent-Styan sê bykomende lugsteun was noodsaaklik veral weens die weerstoestande wat sake vererger.

Die Wes-Kaapse regering sê die vlaag veldbrande in die provinsie het ‘n vernietigende uitwerking op landbou en toerisme.

Twee weke gelede het die Bezweni lodge by Somerset-Wes afgebrand wat 12 toeriste dakloos gelaat het. Verlede week is verskeie toeriste beseer in ‘n brand by die Goudini Spa naby Worcester.

Wingerde en ander oeste by Somerset-Wes en die Paarl is intussen ook in brande vernietig. Die provinsiale minister van Ekonomiese Geleenthede, Alan Winde, sê die ekonomiese skade is nie tot finansiële skade beperk nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.