Donkievel is die nuwe renosterhoring

Deel op

Donkievel is die nuwe renosterhoring, met massas van die diere wat geslag word in die Noord-Kaap, volgens die Nasionale Vereniging vir die Voorkoming van Wreedheid teenoor Diere.

‘n NDBV-inspekteur, Mpho Mokoena, sê ‘n onwettige slagpale is deur die plaaslike bevolking ontdek wat gekla het oor ‘n groot aantal gesteelde donkies.

Twee mans wat ‘n werk aangebied is om donkies te slag, het die plek onder hul aandag gebring.

Mokoena sê honderde diere is glo op die terrein geslag, naby Olifantshoek, en toe die bruin verdagtes ondervra is, het Heinrich Smit en Dawid Pappie laat blyk dat sommige van die diere se velle afgeslag is terwyl hulle nog lewendig was, en net met hamerslae in bedwang gebring is.

Die velle word na bewering verkoop aan die Asiatiese mark, waar dit glo vir kopers medisinale eienskappe besit.

Mokoena het gesê: “Die gelatien is ‘n belangrike bestanddeel in China se ejiao bedryf, wat tablette, tonikums en ‘n soet stroop produseer. Die velle word geweek en gestoof om die stof vry te stel.”

Meer as 5 000 donkievelle verberg in ‘n plakkershut in Benoni, Gauteng, is verlede week ontdek.

Die verdagtes is op borgtog uit n sal weer in die hof verskyn op 18 Februarie, op aanklagte wat verband hou met die Dierebeskermingswet en die Wet op die Veiligheid van Vleis.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.