Europa trek laer in Koblenz

Deel op

Dit was ‘n historiese gebeurtenis in Koblenz, Duitsland. Dramatiese volksmusiek het die teen-beraad geopen wat hierdie naweek gehou is onder die sambreel van Europa van Nasies en Vryheid (ENV), ‘n groepering in die Europese parlement wat 40 lede van nege lande insluit.

Slegs ure na die inhuldiging Amerikaanse president Donald Trump in Washington, is die geleentheid wat deur die Alternatiewe für Deutschland (Afd) gereël is, afgeskop. Dit het skokgolwe deur die uitgediende elite gestuur wat naarstiglik gesoek het na “verskille” om uit te buit.

Ten einde laaste het die Telegraph berig dat die musiek “Moslem” geklink het, nog ‘n fopnuus-storie. Die ou verotte elite is duidelik in rep en roer.

Die Franse presidensiële voorloper en Front National (FN) leier Marine Le Pen, Nederlander Geert Wilders, wie se Partij voor de Vrijheid (PVV) ‘n leidende rol gaan speel in Maart se verkiesings, en Matteo Salvini van Italië se Noordelike Liga, was van die swaargewigte daar.

Afgevaardigdes moes beskerm word deur die 2 000 polisiebeamptes wat betogers buite gehou het. Owerhede in die sentrale Duitse stad was gereed vir die protes op Saterdag deur ‘n koalisie van linkse groepe, sowel as hoofstroom politieke partye en vakbonde.

Afgevaardigdes binne is verwelkom deur Martin Schiller, Afd raadslid van die stad van Münster.

Soos Markus Pretzell, die eerste spreker opgemerk het, het sowat 350 joernaliste om akkreditering aansoek gedoen – ten spyte van ‘n hoogs gepubliseerde verbod op sommige van die grootste Duitse media-organisasies.

Die vergadering is voorafgegaan deur wrywing binne die AfD rakende NAVO. Georg Pazderski, voorsitter van Berlyntak en Alexander Gauland, is pro-NAVO en gekant teen Marine Le Pen omdat sy NAVO kritiseer.

Pretzell het die lot van die Duitse “Mittelstand”, die ruggraat van die Duitse ekonomiese wonderwerk beklemtoon en het daarop gewys dat proteksionisme bedoel is nasionale sakeondernemings te beskerm teen die gulsige aptyt van multinasionale maatskappye.

Hy het gesê die betogers buite is verantwoordelik vir die mislukkings van buitelandse beleid en verdediging, want al wat hulle najaag, is “integrasie”. Hy het die afgevaardigdes vertel dat Brussel die insluiting van Turkye en Oekraïne beplan.

Pretzell het opgemerk dat oop grense ‘n aansienlike veiligheidsrisiko geskep het: “Ons het ‘n probleem met politieke Islam”, en die EU beskuldig van die befondsing van terreur teen Israel.

Marine Le Pen was ‘n kragtoer. Sy het gesê die verwerping deur die kiesers van een wêreld is onomkeerbaar. ‘n Oorwinning van Trump oor die Neo-liberale het hulle gepootjie. “Die opstand van die volk teen ‘n nie-verkose mag” is onstuitbaar, het sy gesê.

Sy het die EU as ‘n kultus beskryf met sy amptenary wat optree as hoëpriesters wat alle kritiek uitsluit.

Sy het gesê die Europeërs is onderworpe aan ‘n inligtingsoorlog wat deur die EU teen hulle gevoer word. “In hul logika, moet elke volk geskei word van die ander, sodat hulle geen band vorm nie. In Frankryk lieg hulle oor Duitsland. In Duitsland lieg hulle oor die Verenigde Koninkryk.”

Le Pen het bygevoeg dat Merkel in Frankryk as ‘n “nasionale heldin” opgehemel word as gevolg van haar “vrygewigheid teenoor immigrante” terwyl die Franse vertel word hulle is “onbenulliges”.

Sy het Merkel se immigrasiebeleid as ‘n “katastrofe wat daagliks ontvou” beskryf.

Die FN leier het gesê Merkel kan nie rekenskap gee van 500 000 immigrante nie, iets wat die kanselier as ‘n “ongelooflike liggewig” ontbloot.

“Tradisie, sosiale struktuur, verskillende tale, geskiedenis en die unieke eienskappe [van ‘n volk] is nie uitruilbaar nie. Ekonomie is geanker in ‘n nasionale werklikheid. Ek is lief vir Duitsland, want dit is Duits. Ek is lief vir Frankryk, want dit is die Franse.” Die EU is ‘n “krag van sterilisasie”, het sy bygevoeg.

“Sowat 95 persent van lande het grense, dus is patriotisme die toekoms van politiek. Wanneer volke terugkom, sal diversiteit en vrede heers, nie oorlog nie. Die oorlogsugtiges is dié teen Poetin en Trump.”

Sy het gesê nie een van die deelnemers kan beskryf word as “verregs” nie. Dis ‘n etiket wat sy sê gebruik word “deur ons vyande om ons te diskrediteer”.

Die uiters gewilde Nederlandse politikus Geert Wilders, wat 24/7 beskerm moet word as gevolg van doodsdreigemente deur Islamiete, het sy toespraak in Duits gelewer met die opruiende woorde: “Hallo Deutschland … Gister ‘n nuwe Amerika, vandag Koblenz en môre ‘n nuwe Europa!”

Hy het gesê Europa benodig ‘n sterk en selfversekerde Duitsland, “trots, wat ​​vir sy kultuur en identiteit opstaan”. Hy het bygevoeg: “Europa benodig Frauke [Petry] in plaas van Angela [Merkel]”.

Wilders het Duitse patriotte geprys, want hulle “staan ​​op teen die nuwe totalitarisme wat ons bedreig”. Alle Europeërs word gekonfronteer met dieselfde bedreiging vir hul voortbestaan, het hy gesê. Hy het opgemerk dat Afrika se bevolking viervoudig gaan toeneem binne ‘n eeu, terwyl een uit elke drie swartes hul kontinent wil verlaat. In Asië en die Midde-Ooste is dit een uit elke vyf inwoners wat soek groener weivelde, potensieel ‘n ramp vir Europa.

Hy het aangehaal uit Aleksandr Solzhenitsyn, die Russiese romanskrywer en historikus, wat sê die waarheid is meestal bitter, nie soet nie. “My hart breek om te sien hoe mense onwelkom voel in hul eie lande,” het hy bygevoeg.

Die Nederlandse politikus het sy toespraak afgesluit met: “Vanjaar sal die jaar van volke wees… die jaar van bevryding, die jaar van die patriotiese lente.”

Sy party, die gewildste in Nederland, kan die grootste persentasie van stemme in die Nederlandse parlementêre verkiesing in Maart wen.

“Geskiedenis doen ‘n beroep op ons om Europa te red!” het hy gesê.

Matteo Salvini van die Italiaanse Lega Nord en Harald Vilimsky van die Oostenrykse FPÖ was ook sprekers tesame met die die leiers van die AfD wat die geskiedkundige konferensie gereël het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.