Guptas: Dis ‘n kerriegeveg!

Deel op

Niemand in Suid-Afrika stel meer belang om die Guptas se vliegtuie te diens, te huisves óf te verseker nie.

Netwerk24 berig dat ‘n aantal maatskappye weier om die Guptas se “swaarverdiende” geld te aanvaar in ruil vir goedere en dienste.

Dié toedrag van sake het in Oakbay se hofstukke na vore gekom in antwoord op Pravin Gordhan, minister van finansies, se aansoek om ’n verklarende bevel dat hy nie by die dispuut tussen Oakbay en die vier grootste banke betrokke mag raak nie.

Ronica Ragavan, waarnemende uitvoerende hoof van die beherende maatskappy Oakbay Investments, blameer Gordhan se “politieke smeerveldtog” vir die boikot van tientalle maatskappye om sake met hulle te doen.

Die Guptas staan hulle die aansoek teen, alhoewel hulle nie die regsgeldigheid betwis nie. Gordhan sal glo Vrydag sy antwoorde op Oakbay se hofstukke indien.

Die saak word op 28 Maart aangehoor.

Die New Age koerant wat deur die Guptas besit word, was volgens berigte betrokke by geldwassery van R17,1 miljoen.

Volgens hofdokumente is daar vals fakture van meer as R25 miljoen uitgereik vir werk wat nie gedoen is nie.

Beide Regiments en Trillian word verbind met Gupta. Die name van Eric Wood en Salim Essa van Trillian Capital Partners word genoem in die hofstukke.

Die man wat die stryd teen die beweerde Indiër-bedrieërs lei wat betrokke is by 72 verdagte transaksies ter waarde van 6,8 miljard rand, is Murray Michel, direkteur van die Finansiële Inligtingsentrum, die FIS.

Die geveg is ‘n doodstryd tussen die verskillende faksies binne die ANC. Duidelik gaan die ANC se hele bestaanreg daaroor om politieke gunste in die vorm van belastinggeld uit te deel aan diegene wat die meeste daarvoor gaan betaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.