Kapings teiken buitelanders in Bloemfontein

Deel op

Die polisie soek nog na die verdagtes van ‘n skietvoorval in Bloemfontein wat Saterdagaand op die hoek van Curielaan en Vereenigingrylaan plaasgevind het.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê ‘n Bangladesjiese sakeman en sy vrou het Saterdagaand om 11-uur by die verkeerslig gestop toe ‘n silwerkleurige voertuig langs hulle gestop het.

Die insittendes van die voertuig het op die sakeman en sy vrou begin skiet. Verskeie skote is afgevuur.

Marope sê die Bangladesjiese sakeman is drie keer raakgeskiet, in die linkerarm en rug. Sy vrou is nie beseer nie.

Die gewonde is na die Rosepark-hospitaal geneem vir behandeling. Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.

In nog ‘n kapingvoorval is ‘n Lesotho-burger van sy motor en verskeie persoonlike items beroof terwyl hy by ‘n hospitaalparkeerterrein gewag het.

Marope, sê die man het in sy motor gesit in die parkeerterrein by die Optima-hospitaal in Hospitaalpark toe twee mans aan sy ruit klop.

Die gewapende mans het sy sleutels, selfoon en skootrekenaar geëis. Die rowers het hom uit sy voertuig gedwing, sy voertuig geneem en weggery.

Die voorval het ongeveer nege-uur Vrydagaand gebeur. Marope sê die polisie het nog geen arrestasies in die saak gedoen nie.

Bron: OFM Nuus

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.