Huisaanval in Pretoria eis die lewe van pa

Deel op

‘n Man wat sy gesin teen swart aanvallers wou beskerm, is Donderdagaand voor sy gesin doodgeskiet.

Die 47-jarige is in Pretoria-oos noodlottig gewond nadat vier swartes die huis binnegedring het en die oorledene se vrou in die sitkamer oorweldig het.

Die man was glo op die boonste verdieping van die woonhuis en het na benede gestorm, het ‘n polisiewoordvoerder gesê.

Die aanvallers het twee skote op die man afgevuur voordat hulle gevlug het. Nooddienste het probeer om die gewonde pa se lewe te red, maar dit was tevergeefs.

Niemand is nog weens die moord in hegtenis geneem nie. Niks is gedurende die aanval geroof nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.