Drie skole in PE in een week besteel

Deel op

Drie skole in Port Elizabeth is dié week besteel. Kontant en ander duur bates is weggedra.

‘n Woordvoerder van die Oos-Kaapse polisie het Donderdag bevestig dat daar Woensdagaand ‘n inbraak by ‘n laerskool in Humewood was waar ‘n aansienlike bedrag in kontant verdwyn het.

By die Victoria Park Grey Primary School is ook skootrekernaars gesteel benewens die kontant.

Vroeër vandeesweek het booswigte ‘n kluis by ‘n ander skool, Theodore Herzl Primary, oopgebreek en kontant gesteel.

Harvest Christian School se personeel is Woensdag oorval in ‘n gewapende roof deur rowers wat hulself as ouers voorgedoen het wat skoolgeld wil betaal.

Die polisie het skole gemaan om nie groot bedrae kontant op die perseel aan te hou nie en dit liewer te deponeer aangesien die aanvallers blykbaar ook weet hoe om die alarmstelsels te omseil.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.