Eskom skakel weer die ligte aan

Deel op

Eskom het die kragonderbrekings na munisipaliteite wat die kragvoorsiener geld skuld, tydelik gestaak. Die kragverskaffer het Maandag met die kragonderbrekings begin en dit Donderdag laat vaar.

Die munisipaliteite skuld al byna R12 miljard. Die ANC is bekommerd dat Eskom se yslike skuldlas Suid-Afrika se kredietgradering negatief kan raak.

Nadat die minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown, ingegryp het, brand die ligte weer na ‘n duur, nuttelose hofsaak wat haar wou oorreed tot dié stap maar misluk het.

Brown het in ‘n verklaring gesê Eskom, die department van Openbare Ondernemings en die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging het ‘n ooreenkoms bereik om munisipaliteite nog tot die einde van die maand te gun om hul agterstallige rekeninge te betaal.

Sy sê die kragonderbrekings het ‘n moontlike rampspoedige uitwerking op sakeondernemings, wat ook tot werkverliese kan lei. Sy het ook onverwags haar simpatie ontdek vir diegene wat wel betaal.

Drie munisipaliteite in Noordwes – Naledi, Lekwa-Teemane en Kgetlengrivier – en twee in die Noord-Kaap – Ubuntu en Renosterberg – is Donderdag nog aan daaglikse kragonderbrekings van vier ure lank onderwerp weens skuld van miljoene rande aan Eskom.

Nóg 10 munisipaliteite in sentraal-Suid-Afrika, wat ook agterstallige rekeninge het, het voor Maandag se spertyd betalingsooreenkomste met Eskom aangegaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.