Die gebruik van Twitter is die enigste manier om oneerlike media teen te werk, het die nuwe Amerikaanse president Donald Trump gesê tydens ‘n Fox News-onderhoud wat Woensdag uitgesaai is.
“Ek hou nie van twiet nie, ek het ander dinge wat ek kan doen,” het hy opgemerk.
“Maar ek kry baie oneerlike media, baie oneerlike pers. En dit is my enigste manier waarop ek dit kan teenwerk. Wanneer mense wanvoorstellings oor my maak, is ek in staat om dit te sê en dit uit te wys,” het die Amerikaanse verkose president verduidelik en bygevoeg dat “As die pers eerlik, wat dit nie is nie, sou ek absoluut nie Twitter gebruik het nie.”
Daar is historiese voorbeelde van direkte kommunikasie. Iemand soos Franklin D. Roosevelt, het sy kaggel-geselsies baie effektief gebruik om sy kritici by te kom en die pers te omseil.
Ronald Reagan het met openbare ongefiltreerde radio-onderhoude elke Saterdag direk met die bevolking gepraat.
“Tussen Facebook en Twitter, dink ek het ek meer as 40 miljoen mense en dit is ‘n moderne vorm van kommunikasie,” het hy gesê tydens ‘n 7 Desember-onderhoud met NBC. “Ek kry dit baie vinniger uit as ‘n persverklaring. Ek kry dit veel meer eerlik uit as deur oneerlike verslaggewers.”
Die Nederlanders verwys na valse nuus as “nep-nieuws”. Miskien kan Afrikaners by hulle gaan kersopsteek vir die neologisme nepnuus, soos in nepotistiese nuus.