Trump het ‘n punt beet oor betaalde betogers

Donald Trump het ‘n punt beet oor betaalde betogers: Advertensies in meer as 20 Amerikaanse stede bied $2500 per maand aan vir opstokers om hierdie week by die presidensiële inhuldiging te gaan amok maak.

Demand Protest, ‘n San Francisco maatskappy wat homself as die “grootste private voetsoolvlaksteunorganisasie in die Verenigde State van Amerika,” voorhou, het identiese advertensies op 12 Januarie in verskeie stede op Backpage.com geplaas om betogers te werf.

“Kry betaling om te gaan veg teen Trump!” lui die advertensie.

“Ons betaal mense wat reeds polities gemotiveer is om te veg vir die dinge waarin hulle glo. Jy gaan in elk geval tot aksie oor, waarom nie dit doen met ons nie!” Die advertensie lui voorts: “Ons is tans op soek na agente om te help om ‘n sterk boodskap van protes aan die opkomende inhuldiging te stuur.”

Die werk bied ‘n maandelikse fooi van $2500 plus “ons standaard per gebeurtenis betaling van $50/uur, so lank as wat jy deelneem aan ten minste 6 gebeure in ‘n jaar,” sowel as gesondheids-, oog- en tandheelkundige versekering vir voltydse agente.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.