Hulpagentskappe smokkel glo migrante na Europa

Deel op

Volgens die organisasie Gefira, het ‘n aantal hulpagentskappe byna 40 000 migrante binne twee maande na Europa gesmokkel.

Amptelik, maak hulle asof hulle migrante in nood red op see. Maar die bewegings van skepe wat aan die hulpagentskappe behoort, het Gefira tot die gevolgtrekking gekom dat hulle eintlik net buite die Libiese kus migrante aan boord te neem.

Die amptelike beskrywing van die daaglikse aktiwiteite van hulpagentskappe is teenstrydig met inligting oor die bewegings van die skip Golfo Azuro, byvoorbeeld. Die vaartuig word gebruik deur die Nederlandse hulpagentskap Stichting Bootvluchting.

‘n Video wys hoe die skip, saam met drie ander skepe van hulpagentskappe, na ‘n punt 8.3 seemyl van die Libiese kus beweeg. Op sy webwerf beweer die hulpagentskap dis na ‘n oproep van die Italiaanse kuswag, maar die twee liggings verskil drasties. Tien uur na die oproep, beweeg ‘n boot van ‘n Libiese hawe reguit in die rigting van die hulpflotilla. Twee seemyl weg van hulle kom dit tot stilstand.

Die volgende dag, word berig op die webwerf van die hulpagentskap, dat hulle ‘n reddingsoperasie uitgevoer het in die Siciliaanse Straat, dit wil sê in die Middellandse See tussen Sicilië en Tunisië, baie verder noord van werklike posisie van die skepe. Met die sogenaamde reddingspoging, het ‘n drie-jarige Nigeriese seun en 17 ander mense glo verdwyn. Die 113 mense wat “gered” is, is nie aan die naaste veilige hawe in Tunisië besorg nie, maar na Sicilië geneem.

Gefira bevraagteken die sogenaamde reddingsoperasies, wat al hoe meer na mensehandel begin lyk. Gefira beweer ook dat die bedrywighede nie moontlik sou wees sonder die toestemming van owerhede nie en noem die volgende organisasies wat daarvan verdink word dat hulle met mense smokkel: MOAS, Jugend Rettet, Stichting Bootvluchting, MsF (Dokters Sonder Grense), Save the Children, Proactiva Open Arms, Sea-Watch.org, See-Eye en Life Boat.

MOAS lyk na ‘n sleutelspeler in hierdie aktiwiteit. Dit is in 2013 gestig deur ‘n Amerikaanse sakeman Chris Catrambone in Malta. Hy het sy loopbaan as ‘n werknemer van die Amerikaanse Kongres begin. Sy maatskappy, Tanger Groep, het sedert 2006 gegroei van ‘n maatskappy met drie werknemers wat betrokke is in Irak, tot vandag, met bedrywighede in 110 lande en ‘n onbekende aantal werknemers. Gefira bevraagteken die manier waarop hierdie sake-onderneming in staat was om soveel inkomste te genereer sodat Catrambone met sy eie geld ‘n skip kon betaal vir MOAS. Een moontlike verklaring kan wees dat die maatskappy ‘n groot inkomste uit “reddingsoperasies” verkry.

MOAS word gelei deur die voormalige Maltese opperbevelvoerder Martin Xuereb en ‘n paar ander personeellede met óf militêre agtergronde in Malta of in private sekuriteit. Sedert MOAS se bedrywighede eindig die immigrante aan wal in Italië en vreemd genoeg nie in die tuishawe van Malta nie.

Gefira is ‘n Nederlandse stigting gefokus op die ontleding van die huidige geopolitieke en finansiële onstabiliteit.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.