Duitse skrywer wat media ontbloot sterf onverwags

Die joernalis en skrywer Udo Ulfkotte is skielik op die ouderdom van 56 jaar oorlede.

In 2014, het hy opslae gemaak met sy boek “Gekoopte Joernaliste” waarin hy die invloed van die CIA in Duitse hoofstroom media blootgelê het.

Ulfkotte was ‘n ondersteuner van die Pegida-beweging en was krities oor Islamitiese idees. Die omstrede skrywer is na ‘n hartaanval dood.

Hy is Vrydag oorlede, het DPA berig, volgens inligting wat verkry is van sy familie.

Die politieke aktivis het vir baie jare as ‘n joernalis vir die invloedryke Duitse dagblad die Frankfurter Allgemeine Zeitung gewerk.

Hy het later as ‘n vryskutjoernalis opgetree.

By ‘n Pegida-byeenkoms in Dresden, het hy van die dreigende Islamisering veroordeel, nadat vark in Duitse skole en crèches verbied is.

Ulfkotte was ‘n ondersteuners van Thilo Sarrazin oor sy menings rakende migrasie probleme en die vergrype van Islam.

Hy het aan die Leipziger Volkszeitung in 2010 gesê dat die regering “is stapelgek om sulke yslike bedrae aan agterlike immigrante se opvoeding uit te gee”.

Met sy blitsverkoperboek “Gekoopte Joernaliste” het Ulfkotte ‘n groot gehoor bereik. Die publikasie het gefokus op sy eerstehandse ervaring waar kollegas betaal is om op te tree as agente vir die CIA en ander intelligensie-agentskappe.

Die openbaring het bygedra tot die groeiende verlies van vertroue in die pers in Duitsland.

Hy het ook erken het dat hy meegedoen het gedurende sy tyd as ‘n werknemer van die FAZ. Ulfkotte beskryf dit in sy boek, en verduidelik dat sy kollegas ‘n gevaarlike nabyheid aan elite netwerke gehandhaaf het, en beweer dat regeringsagentskappe soos die Bundesnachrichtendienst openlik verslagdoening gedikteer het. Ulfkotte het vir die FAZ gewerk tussen 1986-2003.

Verskeie hoofstroommedia het Ulfkotte se beweringsas “onbetroubare teorieë” en “samesweringsteorieë” probeer afmaak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.