Trump gee Navo en Merkel twee ken-opstoppers

Deel op

In twee afsonderlike onderhoude met Duitsland se Bild en Londen se Sunday Times, het Donald Trump uit sy hoek van die internasionale bokskryt gestorm gekom, met verreikende beleids- en strategie-aankondigings oor NAVO en Merkel.

Trump het aan die Times gesê baie lande gaan die Europese Unie verlaat, as gevolg van die skade wat aangerig is deur die migrasiekrisis. “Ek dink dit is baie moeilik,” het hy gesê. “Mense, lande wil hul eie identiteit behou en die Verenigde Koninkryk wou sy eie identiteit hê.”

Trump het NAVO beskryf as uitgedien, en voorspel dat ander lede van die Europese Unie die Unie binnekort gaan verlaat.

Hy het ook gepraat oor sy standpunt oor Rusland en voorgestel dat hy dalk ekonomiese sanksies teen Vladimir Poetin as hefboom in gesprekke oor kern-ontwapening sal gebruik. Navo, het hy gesê, “het probleme”.

“[NAVO] is uitgedien, eerste, want dit is ontwerp baie, baie jare gelede,” het Bild Trump aangehaal. “In die tweede plek betaal lande nie wat hulle moet nie” en NAVO “het niks teen terrorisme gedoen nie”.

Maar sy mees neerhalende opmerkings was gemik teen die EU en Merkel, wie se oop-grens-beleid ‘n “katastrofiese fout” was volgens hom. Hy het die EU as ‘n instrument van Duitse oorheersing voorgehou met die doel om die VSA te klop in internasionale handel. Om dié rede, het Trump gesê staan hy afsydig ​​teenoor lande wat nie die Unie wil verlaat nie volgens Bild.

Merkel staar ‘n ongekende uitdaging in die gesig van die anti-immigrasie Alternatief vir Duitsland as sy ‘n vierde termyn aanpak, in navolging van vele Afrika diktators wat wil bly klou aan mag.

Trump het opgemerk dat sy Duitsland seergemaak het deur die inlaat van “al hierdie onwettiges” in haar land.

Bloomberg berig dat Trump se kommentaar “min twyfel laat dat hy sal vashou aan veldtogposisies en in sommige gevalle dekades van Amerikaanse buitelandse beleid gaan omkeer, om hom fundamenteel in stryd te bring met die Duitse kanselier Angela Merkel oor kwessies wat vrye handel en vlugtelinge asook sekuriteit en die EU se rol in die wêreld insluit”.

Toe hy gevra is oor die vooruitsig van ‘n vermindering in kerngereedheid teenoor Rusland, het Trump aan die koerant gesê: “Vir een ding, dink ek kernwapens moet baie minder word en aansienlik afgeskaal, dit is ‘n deel daarvan.”

Die nuwe Amerikaanse president het gesê hy wil met Brittanje ‘n “billike” handelsooreenkoms binne weke sluit om te help met Brexit, ‘n “groot ding”. Hy het die Britte geprys dat hulle die EU verlaat het. Mense en lande wil hul eie identiteit behou en wil nie buitestaanders laat instroom om alles te “vernietig” nie, het hy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.