Halfmiljard-Cyril gaan kuier in Davos

Deel op

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa, een van die land se 50 rykste mense weens naakte politiekery, sal die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) lei. Die forum begin môre in Davos in Switersland.

Bykans drieduisend regeringsleiers, sakeleiers en arbeidverteenwoordigers sal byeenkom vir die forum. Die byeenkoms vind plaas te midde van moeilike toestande vir ekonomieë wêreldwyd sowel as politieke onsekerheid vir mense wat nie deur die staalring om die plek kan dring nie.

Die teenwoordiges het dit breed genoeg om nie te hoef te bekommer oor die res nie.

Suid-Afrika sal na verwagting die byeenkoms gebruik as ‘n geleentheid om die land te posisioneer as ‘n voorkeur beleggingsbestemming.

Die Chinese president, Xi Jinping sal na verwagting afgevaardigdes op die eerste dag van die forum toespreek.

Terwyl besluitnemers en baie van die super-rykes hierdie week by die WEF se jaarlikse vergadering in Davos versamel, toon nuwe data dat China en Indië die armste helfte van die wêreld verteenwoordig, armer as wat voorheen beraam is.

Oxfam het kort voor die begin van die Wêreld Ekonomiese Forum gesê die sogenaamde rykdom van die wêreld se armste drie komma ses miljard mense is gelykstaande aan die netto waarde van ses Amerikaanse sakelui, een van Spanje en een van Meksiko.

Die agt sluit in Bill Gates, die medestigter van Facebook, Mark Zuckerberg en die stigter van Amazon, Jeff Bezos.

Die agt mans het dieselfde welvaart as die helfte van die wêreld se bevolking.

Volgens dié internasionale organisasie wat hulle glo beywer vir die beëindiging van armoede, sal dié tendens gemeenskappe uitmekaar skeur.

Davos is deesdae ideologies te arm aan oplossings. Dis basies ‘n rykmansklub wat maak of hulle omgee oor die armes, maar ‘n rekordmaat sjampanje deur hul kele afgooi op soek na “oplossings”.

Kiesers wat Brexit en Trump gekies het, het klaar die oplossings gevind wat die rykes nog na na dekades en duisende liters duur alkohol, steeds ontwyk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.