Twee vermeende terroriste is onlangs in en na Suid-Afrika in afsonderlike voorvalle vasgetrek, het die Valke Sondag gesê.
In die eerste voorval, is ‘n vermeende ekstremis, wat reis op ‘n paspoort van die Verenigde State van Amerika via Turkye, by die OR Tambo op 16 Desember gevang, het Media24 berig.
“Hy was reeds gemerk deur Interpol,” het die Valke se woordvoerder Hangwani Mulaudzi gesê.
“Hy is toegang tot die land geweier en moes terug na Turkye.”
In die tweede voorval, wat ook plaasgevind het verlede maand, is ‘n Irakse man wat probeer het om te vlieg uit Turkye na Suid-Afrika gekeer. Hy is deurgang geweier deur die Turkse owerhede. Hy is daarna in hegtenis geneem.
“Hulle voel hy huldig ekstremistiese menings… [volgens] hul eie intelligensie,” het Mulaudzi gesê. Suid-Afrikaanse wetstoepassing wag nou vir ‘n verslag van Interpol oor die aangeleentheid om meer besonderhede te bekom.
Die Sunday Times berig dat die Irakse man bedrywig was vir die Islamitiese staat en hy is ‘n bommaker. Die Irakse ambassadeur Saad Kindeel het volgens die koerant gesê dat die man “nie wou kom na Suid-Afrika om vir ISIS te werf nie, maar om ‘n spesifieke teiken wat later aangeval sou word, te identifiseer”.
Intussen het Mulaudzi gesê gesê dat Suid-Afrikaanse amptenare waaksaam bly en skakel met ander wetstoepassingsagentskappe om die bedreigings van terrorisme die hoof te bied.
“Suid-Afrika is nie immuun teen hierdie voorvalle nie.”
Hy het gesê interne bedreigings van terroriste-aktiwiteit kon ook nie geïgnoreer word nie.