Motoriste gewaarsku oor yslike sinkgat in NK

Deel op

Die Noord-Kaapse departement van openbare werke en paaie sê hulle werk met verskeie rolspelers om die skade en oorsaak van die sinkgat op die R31 tussen Daniëlskuil en Kuruman te bepaal.

Die gat het verlede Woensdag in gietende reën op die plaas Mount Carmel ontstaan, waarna die aanhoudende reën dit verder laat inval het.

Die department het in ‘n verklaring weer eens motoriste aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak met 29mm reën wat vir hierdie week in die gebied voorspel word.

Motoriste word aangeraai om die roete om Postmasburg te gebruik. Padtekens is ook aangebring waarop motoriste gemaan word om hul spoed te verminder.

Die gat het verlede Woensdag in gietende reën op die plaas Mount Carmel ontstaan, waarna die aanhoudende reën dit verder laat inval het.

Die sinkgat is op plekke tot 100 meter lank en 30 meter diep en loop tot langs die R31-teerpad.

‘n Ingenieur het intussen gewaarsku dat die krag van water nie onderskat moet word nie, en is van mening dat die pad binnekort deel van die sinkgat kan word en dat die situasie baie ernstig is.

Bron: OFM Nuus

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.