Operaster onttrek van Trump-inhuldiging ná doodsdreigemente

Deel op

‘n Internasionale operaster het doodsdreigemente ontvang omdat hy by die Trump-inhuldiging sou optree.

Operaster Andrea Bocelli sou sing by inhuldiging van Donald Trump maar ná doodsdreigemente onttrek, het The Mail on Sunday berig.

Die nuus kom in die nasleep van die besluit van ‘n swart sanger Jennifer Holliday om ook te onttrek nadat sy gedreig en gebrandmerk is as ‘n “Uncle Tom”, ‘n swart verraaier wat met wittes heul.

Die blinde tenoor se onverdraagsame linkse aanhangers het gesê hulle gaan sy konserte en opnames boikot as hy sing by die Trump-inhuldiging.

Maar ‘n bron het aan die Britse Daily Mail gesê dat die 58-jarige vasbeslote was om te sing, maar onttrek het op advies van sy sekuriteitspan nadat hy doodsdreigemente ontvang het.

Holliday egter, het in ‘n verklaring om verskoning gevra aan lesbiese, gay, biseksuele en transgender ondersteuners vir die feit dat sy “oningelig” was oor hul griewe.

“My enigste keuse moet nou wees om met die LGBT-gemeenskap saam te staan ​​en onomwonde te stel dat ek nie sal meedoen aan die verwelkomingskonsert of aan enige van die inhuldigingvieringe nie.”

Maar Die Washington Post berig dat Washington DC se veiligheidshoof net dae voor die inhuldiging afgedank is, wat potensieel ‘n groot sekuriteitsprobleem vir die organiseerders skep.

Maj. Gen. Errol R. Schwartz se skok-ontslag kom te midde van vieringe wat geklassifiseer word as ‘n nasionale spesiale sekuriteitsgebeurtenis. Schwartz het maande lank beplan aan die veiligheid van DC vir daardie dag.

Betogers maak intussen reg om groot ontwrigting by die inhuldiging te saai. Die protes sal vandalisme, en eiendomsvernietiging insluit, het ‘n bron met intieme kennis van die protesplanne aan die Daily Caller Vrydag gesê.

Die bron het bygevoeg dat die betogers elke kontrolepunt gaan blokkeer met een of ander liberale grief soos klimaatsverandering of rassisme.

Organiseerders vir #DisruptJ20 is van plan om af te skop op 18 Januarie met ‘n gay danspartytjie buite die huis verkose vise-president Mike Pence.

Schwartz, wat aangestel is deur president George W. Bush in 2008, het gesê sy opdragte kom van die Pentagon, maar dat hy nie weet wie die besluit geneem het nie.

Hy het ook bygevoeg dat geen redes verskaf is oor waarom hy gevra is om te bedank nie. “Ek is ‘n soldaat,” het hy gesê en daarop gewys dat hy bevele volg. “Ek is ‘n presidensiële aangestelling, dus die president het die mag om my te verwyder.”

Anders as in ander Amerikaanse deelstate waar die goewerneur die National Guard se bevelvoerder aanstel, rus daardie plig op die president in Washington DC.

Weereens dui hierdie stap op die begeerte van die Obama-administrasie om ‘n gladde magsoorgang te ontspoor om sodoende Trump te legitimiteit te ondermyn.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.