Sal wurms ‘n einde bring aan kosrassisme?

Deel op

Australiese inheemse voedsel is nog steeds ‘n rariteit op borde in die land, maar die skrywer John Newton wil hierdie “kosrassisme” beëindig.

Newton het die deugde van insekte en wurms vir voedsel besing, met die argument dat die omhelsing van inheemse kos “‘n pad na versoening kan wees”, het die ABC (Australiese Uitsaaikorporasie) berig.

Die gesprek sê regte, nie-rassistiese Australiese kos “word deur die inheemse mense van die land vir meer as 50 000 jaar al geëet”.

“As ons net die kos eet wat deur die eerste setlaars hierheen gebring is en almal wat gevolg het, kan ons onsself nog Australies noem? Die opeenvolgende golwe van aankomelinge sedert 1945 het ook hul kulture en kos saam met hulle gebring. En wat het Anglo-Australië doen? Dit opgeraap.

“Die voedsel van immigrante omhels van oral oor die wêreld. Die gevolg is dat Australië nie net multikultureel is nie, dis multikulinêr. Australiërs sal na ‘n Thai-restaurant gaan – na enige soort restaurant – en het geen vrees daarvoor nie.

“Hulle sal ewe tevrede bootnoedelsop met bloed daardeur geroer verorber of stinkende tofu. Maar nie larwes of quandongs of akudjura (bostamaties) nie.”

Die wurms is groot, wit larwes van verskeie motte wat hout eet, die belangrikste stapelvoedsel van die woestyn en histories ‘n stapelbestandeel in die dieet van inheemse mense. Tradisioneel is dit selde dat mans dit uitgrawe, maar die “gender” vooroordeel word vir die oomblik nog geïgnoreer deur die sosiale geregtigheidstryders.

Die “kosrassisme” in Australië het vorendag gekom nadat deelnemers op ‘n ITV-reeks met die naam I am a celebrity … Get me out of here, aan gehore vertel het hoe walglik die wurms proe en dat dit hulle siek maak.

“Die wurms [witchetty grub] van die inheemse mense is ‘n belangrike bron van proteïen. Dit het ‘n godsdienstige betekenis. Vir ons om te gaan staan en grappe maak daaroor, wys geen respek nie,” het die aanbieder Ray Mears ontstoke verklaar.

Ray het gesê: “Dit is eerder soos iemand wat na Brittanje gaan en sê: ”n Gebraaide aartappel, is dit nie die vreemdste ding nie?'”

Maar die wurm-etery is nou geskrap uit die reeks na kommer dat wit Australiërs steeds gaan geweier om te sluk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.