Ná onluste staar Wits finansiële krisis in die gesig

Adam Habib, in 'n pak klere dog dasloos, voor die Grootsaal van Wits.

Ná verlede jaar se onluste en geweldpleging op kampus, staar die Universiteit van die Witwatersrand ‘n finansiële krisis in die gesig. Vir die eerste keer in elf jaar toon die universiteit se boeke ‘n tekort van R405 miljoen.

Hoofsaaklik swart, radikale studente wat meen dat dit hul reg is om gratis te studeer, skuld Wits R208 miljoen wat waarskynlik moeilik gaan wees om in te vorder. Maar ook die staat skuld die universiteit R67 miljoen aan NSFAS-fondse. NSFAS is die nasionale finansiële hulpskema wat staatslenings aan studente van alle rasse verskaf, maar wat grotendeels deur swart studente gebruik word.

Bedrae wat deur donateurs aan die universiteit belowe is, maar nie oorbetaal is nie, beloop ‘n verdere R46m.

Wits se bedryfskoste is gelykstaande aan R300m per maand. Indien die universiteit nie daarin slaag om studiegeld van studente te verhaal nie, sal hy genoodsaak wees om van sy programme in te kort.

Die ANC-bewind pas druk op Wits toe om studente wat reeds geld skuld vir die nuwe jaar te laat registreer. Volgens Habib druis dit teen die Nasionale kredietwet in aangesien dié stuk wetgewing bepaal dat ‘n mens nie lenings aan mense mag toestaan wat nie in staat is om dit terug te betaal nie.

Wits vereis tans ‘n R9000-registrasiefooi aan die begin van die jaar. In die geval van studente wat dit egter nie kan betaal nie, word hulle daarvan kwytgeskeld deur eenvoudig ‘n vorm in te vul. Die woordvoerder van Wits se “Progressiewe jeugalliansie”, Mpendulo Mfeka, het dié registrasie as ‘n “lynching” beskryf. Hy het ook beswaar gemaak teen die skulderkennings wat studente versoek word om te onderteken.

Mfeka sê: Habib poog om die deur vir arm swartmense toe te maak en hulle is diegene wat die skulderkenning moet onderteken. Hulle probeer swart lywe op baie maniere uitsluit. As ons eers meer blankes het, raak bewegings soos #FeesMustFall onderdruk want sulke mense kan hulle nie met die stryd vereenselwig nie.  As ons sê dat fooie moet daal, dan praat ons ook oor rassisme by die universiteit. Ook: R9000 vir registrasie is finansiële lynching.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Ou Transvaal

    Programme wat WITS met graagte kan inkort is rigtings soos joernalistiek en politieke studies , dit bestaan in elk geval uit opinies en aannames , meestal foutiewe duimsuigery soos weereens vanoggend tydens ligte komedie uur met Monitor op RSG die geval was.

  • Chroom

    Maar dit is mos wat die anc wil hê. Ongeletterde afhanklikes..Want as jy afhanklik is, stem jy mos vir die hand wat jou voer

  • Vrystaat

    En die blankes wat vir hul studies wil betaal mag nie in Afrikaans swot nie. So daar gaan julle “Wits” geld…jammer hoor

  • Lekker man Lekker, kry vir julle, ek hoop die UK sien ook sy G.. op die manier