Nederland ervaar ongekende ekonomiese inkrimping

Deel op

Die jare dertig is terug, altans vergelykings met die 1930’s. Die Nederlandse premier, Jan-Peter Balkenende, het gister op ’n sombere perskonferensie gesê dat die ongekende inkrimping van die Nederlandse ekonomie aan daardie tyd herinner.

Die Nederlandse ekonomie krimp vanjaar met 3,5%. Twee maande gelede is nog gemeen dat dit 0,75% sou wees, maar die wêreldwye ekonomiese krisis en die resessie het veel sterker toegeslaan as wat verwag is. Die krimping was in 1931 laas so groot.

Balkenende het gesê dat die tempo waarin die ekonomie krimp, heeltemal ongekend is.

Hy het gesê dat die styging in werkloosheidsyfers die pynlikste is van die huidige voorspelling van die Centraal Planbureau. Die aantal werkloses kan vanjaar styg tot 425 000, en volgende jaar tot 675 000. Dit is onderskeidelik 5,5% en 8,75% van die beroepsbevolking.

Soos in een TV-program opgemerk is, het Balkendende byna in “Ou-Testamentiese terme” van die krisis gepraat. Hy het gesê dat “grote beproevingen” op die Nederlandse samelewing wag.

подростковая верхняя одежда для девочеклобановский александр компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.