Ras, ras, ras: Obama in trane

Die uittredende Amerikaanse president, Barack Obama, het in ‘n emosionele afskeidstoespraak in Chicago Amerikaners gevra om op te staan vir Amerika se “waardes” en om alle vorme van diskriminasie te verwerp.

Die uittredende swart president het gesê rasverskille bly ‘n verdelende krag in die VSA.

Obama het gesê die suksesse wat in sy tyd behaal is sluit in die ekonomiese herstel, die kernwapen-ooreenkoms met Iran en die wettiging van huwelike tussen dieselfde geslagte.

Hy het die afskeidstoespraak gebruik om die aangewese president, Donald Trump, se beleidsvoorstelle skerp te kritiseer.

In die nominasie-sittings sal al die Trump-aanstellings vir sleutelposte na verwagting oor rasverskille gebraai word. Dit blyk dat dit die enigste idee is wat die Demokrate oor het na hul geweldige terugslag met die verkiesing.

Jeff Sessions, wat Trump vir prokureur-generaal wil aanstel moes Dinsdag bontstaan oor rassisme-aantygings.

Onder die komende sittings is een Woensdag vir Exxon Mobil se baas, Rex Tillerson, Trump se keuse vir minister van buitelandse sake.

Demokrate en Neocon-Republikeine is bekommerd dat hy te naby is aan Rusland. Afgetrede Marine Corps Gen. James Mattis, is die keuse vir verdedigingsekretaris. Sy rassisme-vere gaan na verwagting Donderdag gepluk word.

Nou het dit ook bekend geraak dat die borsbeeld van Martin Luther King uit die Ovaalkantoor gesmyt gaan word, en Winston Churchill gaan teruggeplaas word op sy plek.

Obama het Winston verwyder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.