‘Daai pispotstylhelm’ is onwettig

Deel op

ImageMotorfietshelms wat nie die ore van die gebruiker toemaak nie, voldoen nie aan basiese veiligheidsvereistes nie, het die Nasionale beheerliggaam vir verpligte spesifikasies (NRCS) Dinsdag gesê.

Die NRCS-woordvoerder Mirriam Moswaane het gesê die "pispotstylhelms (waarna normaalweg verwys word as Chips, German, Beanie of Cruiser) voldoen nie aan die verpligte spesifikasies – spesifiek seksie 5.1a wat stel dat alle helms die ore van die gebruiker behoort toe te maak vir veiligheidsredes nie".

Die helms word verkoop onder name soos Lafe, Stinga en Lynx en dra "misleidende" etikette soos "perdry, nie vir snelweg gebruik en nie vir padgebruik nie".

"Alhoewel die helms gemerk word vir 'n ander gebruik of doel, word dit steeds aan winkels vir motorfietsbybehore verkoop," het Moswaane gesê.

"Om dinge erger te maak, het party van die helms valslik die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde- (SABS-)plakker op," het Moswaane gesê.

Die Nasionale beheerliggaam vir verpligte spesifikasies was voorheen die SABS-beheerafdeling.

slot freeФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.