Bendeverkragting van seuntjie in Swede deel van ‘Afghaanse kultuur’

Vyf tieners uit Afghanistan is gevonnis deur ‘n Sweedse hof tronk na die verkragting en aanranding en van ‘n Afghaanse seun, asook oor die verfilming van die voorval.

Die verkragting van jong seuns is ‘n algemene verskynsel in Afghanistan en baie polisiestasies het hul eie seunslawe. Die kulturele verskynsel het in Europa aangeland.

Vyf Afghaanse immigrante wat ‘n jonger landgenoot in ‘n beboste gebied gedwing het in die Sweedse stad van Uppsala op 24 Oktober, 2016, is nou gevonnis nadat hulle die seun meer as ‘n uur, met ‘n mes teen sy keel, beurtelings verkrag het.

Op 30 Oktober, is hulle gevonnis tot tussen elf en vyftien maande in jeugtronk maar sal egter nie uit Swede geskop word nie, aangesien die hof van mening is dat “die veiligheidsituasie in Afganistan ‘n ernstige impak op die verweerders sal hê”. Die tieners het na Swede gekom as “onbegeleide minderjariges”.

Een van die seuns het die verkragting met sy selfoon verfilm om “te hou as aandenking” en is skuldig bevind aan kinderpornografie.

Seuns “sonder baarde” of “dansseuns” is gewilde vermaak in Afghanistan. Die verskynsel staan ​​bekend as Bacha bazi, wat vertaal word as “seuntjie-speel”, en sluit verkragting in.

Die nuusagentskap AFP het in Junie 2016 berig dat sulke seuns honderde polisiebeamptes gedurende die afgelope twee jaar al doodgemaak het.

“Die Taliban stuur seuns – pragtige seuns, mooi seuns – om besoekpunte binne te dring en polisiemanne dood te maak, te bedwelm of te vergiftig,” sê Ghulam Sakhi Rogh Lewanai, gewese polisiehoof van die sentrale provinsie Uruzgan.

“Hulle het uitgepluis dat dit die grootste swakheid van polisie is – Bacha bazi,” het hy aan AFP gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.