Israeliese komplot om Britse minister uit te haal

Alan Duncan is 'n gemerkte man

The Mail on Sunday het beeldmateriaal gepubliseer van ‘n senior Israeliese ambassadewerknemer wat planne smee om die adjunkminister van buitelandse sake in Brittanje uit te haal.

Die Israeliese man het aan ‘n verslaggewer van Al-Jazeera gesê: “Ek wil hom uithaal … die adjunkminister van buitelandse sake”, verwysende na Alan Duncan, ‘n kritikus van Israel.

Duncan “maak baie probleme,” het die werknemer bygevoeg, voordat hy buitelandse sake minister Boris Johnson ‘n “idioot” genoem het en gespot het oor die “mal” opposisie Arbeiderleier Jeremy Corbyn en sy “weirdo” ondersteuners.

Die Israeliese ambassade het om verskoning gevra vir die opmerkings. “Die kommentaar is gemaak deur ‘n junior ambassade werknemer wat nie ‘n Israeliese diplomaat is nie, en aan die einde van sy termyn van diens by die ambassade is,” het hulle bygevoeg.

Maar die man is glo ‘n senior politieke ontleder en nie junior werknemer nie.

Brittanje se minister van buitelandse sake het bevestig dat hulle ‘n verskoning ontvang het, en dat dit nou beskou word as “afgehandel”.

The Guardian berig dat die beeldmateriaal deel was van ‘n groter projek om gesprekke met die Israeliese ambassadepersoneel, Britse politici en pro-Israel-ondersteuners, te voer vir ‘n dokumentêre program wat Al-Jazeera vanaf 15 Januarie sal uitsaai.

Duncan se oliebedryfbande en herhaalde veroordelings van die Israeliese beleid oor nedersettings, het vir hom baie vyande gemaak in Israel, volgens die koerant.

In ‘n toespraak in 2014 by die Royal United Services Institute het hy die Israeliese houding teenoor die Palestyne met apartheid in Suid-Afrika vergelyk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Vicky

    Hierdie was n groot storie in Alt Regse sirkels. Israelitiese Mag behoort niks nuuts vir praag lesers te wees nie.