Polisie soek na Overberg se brandstigters

Die Kaapse Metroraad sê die polisie se hulp is ingeroep om die onlangse brande naby Somerset-Wes en Grabouw in die Overberg te ondersoek.

Owerhede glo dat van die brande met opset gestig is, het RSG berig.

Die skade word op sowat 54-miljoen geraam. Brandbestryders was gisteraand nog besig om te verhoed dat die brand in die Hottentots-Hollandsberge na Stellenbosch versprei.

Die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith sê hulle werk saam met die polisie ná inligting van ooggetuies ontvang is.

Smith het mense met inligting gevra om na vore te kom. Hy sê twee van die brande wat in Grabouw gewoed het, is moontlik die werk van brandstigters.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rooikop

    Nog ‘n daad van terrorisme soos die plaasaanvalle?

    • Ou Transvaal

      Kolskoot!! maar ons mag mos nie die waarheid praat nie???

  • Bokkeman

    Hier naby ons breek daar gereeld brande uit – altyd net bokant Zolani, die oorwegend swart woonbuurt buite Ashton, en altyd wanneer die Suidooster tier oor die berge… Is daar ‘n projek om die Weskaap aan die brand te steek?

  • Verkenner

    Die vure brand anderkant die Amatollos…

    • Ou Transvaal

      HOOR HOOR!!!!!!!!