Eskom gaan wanbetalers se krag afsny

Deel op

Die Pretoriase Hooggeregshof het AfriForum se aansoek om te verhoed dat Eskom kragvoorsiening aan munisipaliteite weens wanbetaling afsny, met kostes van die hand gewys. Regter Hans Fabricius het beslis dat munisipaliteite verantwoordbaar gehou moet word.

Dit is meestal munisipaliteite in die Vrystaat wat geraak word. Afriforum het aangevoer dat dit onregverdig teenoor belastingbetalers sal wees as Eskom die krag afsny, maar SANCO se woordvoerder, Jabu Mahlangu sê hulle is teleurgesteld in die munisipaliteite in die Vrystaat, Noordwes, Mpumalanga en die Noord-Kaap wat Eskom meer as 10 miljard rand skuld.

SANCO het gevra dat die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake munisipaliteite wat Eskom geld skuld, onder administrasie plaas.

Vroeër het Eskom ingestem om die afsny van kragvoorsiening uit te stel sodat die munisipaliteite reëlings kan tref om hul skuld te betaal. Die kragvoorsiener se bestuurshoof, Matshela Koko het die hofbeslissing verwelkom.

Regter Fabricius het beslis dat Eskom nie `n verpligting het om krag aan belastingbetalers te voorsien nie. Dit is die munisipaliteit se verantwoordelikheid.

Die Pretoriase Hooggeregshof het verlede week Afriforum se dringende aansoek van die hand gewys wat Eskom wou keer om dié munisipaliteite se krag af te sny. Eskom sal vanaf 16 Januarie begin om hulle kragtoevoer te beëindig.

‘n Woordvoerder van die Musina-munisipaliteit in Limpopo, Wilson Dzebu, sê die munisipale raad oorweeg dit om dissiplinêre aksie teen sy munisipale bestuurder, Johnson Mathivha, in te stel oor finansiële wanbestuur.

Volgens Dzebu is die raad bekommerd oor die skuld van meer as `n honderd-miljoen rand aan Eskom. Die munisipaliteit het ook net twaalf persent van die R35-miljoen van die munisipale infrastruktuurtoelaag bestee. Dzebu sê die munisipaliteit het op ‘n spesiale raadsvergadering besluit dat die burgermeester en munisipale bestuurder die kwessie moet oplos.

Sekere munisipaliteite skuld Eskom sowat nege miljard rand in agterstallige betalings.

AfriForum het sy teleurstelling uitgespreek met die beslissing van die Pretoriase Hooggeregshof dat Eskom wel kragvoorsiening aan munisipaliteite mag afsny.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.