Ekwatoriaal-Guinee uitgesonder vir tipiese Afrika-kwale

Rex Tillerson, Exxon, sê EG is ten minste stabiel

Ekwatoriaal-Guinee se visepresident, Teodoro Nguema Obiang Mangue, is nou voor stok gekry oor die plundering van die olie- en houtryke land se bates om ‘n luukse woning in een van Parys se mees eksklusiewe rylane asook ‘n versameling supermotors aan te skaf.

Hy is die oudste seun van pres. Teodoro Nguema Obiang Mangue.

Maar die werklike rede vir die aanklagte teen die Afrika-diktator is dat die land goeie betrekkinge met Exxon, die Amerikaanse oliereus het.

Exxon se voorsitter, Rex Tillerson, is ‘n Trump-ondersteuner en ‘n kandidaat vir een van die belangrikste poste in die VSA: Om buitelandse betrekkinge te bestuur.

Met die aanvang van die verhoor Maandag het regsverteenwoordigers van die 47-jarige visepresident aangevoer dat hulle te min tyd gegun is om getuies te roep en hul verdediging voor te berei.

Regters het saamgestem en die verhoor tot 19 Junie uitgestel.

Dit is die eerste saak wat spruit uit ondersoeke na sekere Afrika-leiers wat ‘n lewe van luuksheid in die buiteland lei, terwyl hul burgers in armoede krepeer.

Obiang ontken die klagtes.

Aanklaers en die teenkorrupsiegroep Transparency International, een van die klaers in die saak, sê die verdediging se versoek om uitstel is “vertragingstaktiek”. Hulle het gehoop om die saak teen die swart leier se seun in die media te hou om Rex Tillerson se aanstelling as Staatsekretaris van buitelandse sake in die VSA te kelder.

Ekwatoriaal-Guinee, Afrika se enigste Spaanssprekende nasie, is die vasteland se derde grootste olieprodusent maar meer as die helfte van die bevolking leef onder die broodlyn, minder as in Lesotho en Swaziland.

Die land word gereeld deur menseregtegroepe vir onderdrukkende wetgewing, ongeregverdigde teregstellings en marteling deur die veiligheidsmagte beskuldig.

Obama se amptenare sê die president se seun het “skaamteloos” sy land in 2014 besteel. Amerikaanse owerhede het beslag gelê op sy villa in Malibu, Kalifornië en sy versameling Michael Jackson-memorabilia.

In November het Switserse owerhede ‘n ondersoek na geldwassery teen Obiang gelas en beslag gelê op elf luukse motors. 

Maar in Angola, waar dit erger gaan, is niemand in die Obama-administrasie bekommerd oor die stand van sake nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • G

    Dis net die 2 swartes wat steel in daai land. Hier steel die hele staatsdiens. Ons moet die ANC afskaf en die Zulu koning hou soos die Kwien, Sal baie goedkoper wees en makliker om sy toesprake te skryf.

  • Waaruit blyk dat hierdie aanklag verband hou met die aanstelling van Exxon se voorsitter, Rex Tillerson? Dat verband het ek naamlik nie kan sien nie in beriggewing. Die regsaak loop in Parys, Frankryk en gewoonlik laat Frankryk nie vir die kar van die Verenigde State spar nie.

    • Wim Kotze

      Vertaal asb.:”..gewoonlik laat Frankryk nie vir die kar van die Verenigde State spar nie.”

    • P

      Frankryk se Sosialiste is Clintoniete. Dis presies hoekom hierdie hofsaak nou aan die gang is.

  • Rooikop

    in die woorde van Johannes Kerkorrel: “halala halala, ewig is ons afrika…”

  • Verkenner

    Voor hul lyk dit soos die tuin van Eden, maar agter hul soos n woestyn en n wildernis.

  • Vrystaat

    En net Noord van ons sit ook so ‘n ou….maar niks gebeur met die ou nie?

  • skobbejak

    Korrupsie word oopgevlek.