Duisende Amerikaanse troepe na NAVO se oosgrens

Die grootste verskeping van Amerikaanse brigades sedert die ineenstorting van die Sowjet-Unie het in die noorde van Duitsland aangeland. Die eerste van 87 tenks en 144 militêre voertuie is in die hawe van Bremerhaven opgemerk.

Die toerusting en 3 500 Amerikaanse troepe word ontplooi langs die oosgrens van NAVO. Die ontplooiing is daarop gemik om bekommernisse van “potensiële Russiese aggressie” te besweer in Oos-Europa.

Die koms van die toerusting en troepe is die begin van ‘n nuwe fase van die VSA se “Operation Atlantic Resolve”.

Die nuwe NAVO-troepe sal eers in Pole versamel, dan oor sewe lande van Estland tot Bulgarye uitsprei, terwyl ‘n hoofkwartiereenheid in Duitsland sal aanbly.

Dietmar Woidke, die sosiaal-demokratiese premier van die linkse plaaslike regering van Brandenburg – een van die Duitse state waardeur die Amerikaanse brigades oor die volgende twee weke sal beweeg – het die militêre opmars gekritiseer.

Woidke het sy kommer uitgespreek dat die verhouding met Rusland kan vererger as gevolg van die NAVO-troepe se ontplooiing.

“Ek hoop dat ons almal kalm sal bly,” het Woidke aan die Duitse RBB-staatskanaal gesê. Maar Woidke se SPD-party het nie kommentaar gelewer oor die ontplooiing van NAVO-troepe nie.

In Berlyn regeer die SPD in ‘n koalisie met die CDU/CSU Party van kanselier Angela Merkel. Beide partye ondersteun NAVO en die nuutste anti-Russiese histerie ten sterkste.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.