Anti-Russiese histerie het dieselfde bron as Irak se WMV

McCain, Clapper, Graham
Deel op

Dieselfde amptenare in Washington wat die oorlog in Irak aangeblaas het, is nou verantwoordelik vir anti-Russiese histerie.

Die vernaamste skuldiges herhaal eise dat Rusland die Demokratiese Party se kommunikasie onderskep het: James Clapper, die direkteur van nasionale intelligensie, sowel as senatore Lindsey Graham en John McCain.

Clapper was instrumenteel in die fasilitering van die bedrieglike intelligensie oor Irak. Verdedigingsekretaris Donald Rumsfeld het Clapper in beheer van die analise van satellietbeelde geplaas, die beste bron vir die soek en vind van die ligging van wapens van massavernietiging.

Soos Newsweek berig het in 2010:

“President Obama se nominasie van die Pentagon intelligensiehoof James Clapper as intelligensietsaar het die Bush-era debat laat ontvlam oor hoe en waarom agentskappe Saddam Hussein se wapens-van-massa-vernietiging arsenaal voor die inval in Irak Maart 2003 oorbeklemtoon het. Clapper het ‘n belangrike rol gespeel in daardie ramings; tussen 2001-2006 was hy die hoof van die Nasionale Georuimtelike-intelligensie-agentskap, die Pentagon se eenheid wat verantwoordelik is vir die interpretasie van spioenasie satellietfoto’s en ander tegniese intelligensie soos lugdeeltjies en grondmonsters.”

Die voorsitter van die Senaat se gekose Komitee oor Intelligensie, Jay Rockefeller het tot die gevolgtrekking gekom dat, “In die vervaardiging van die saak vir oorlog, het die [Obama] administrasie herhaaldelik intelligensie aangebied as ‘n feit toe in werklikheid ongegrond was, weerspreek is, of selfs nie-bestaande.”

Voormalige generaal Colin Powell sê self dat sy toespraak by die Verenigde Nasies in 2003 ter bevordering van die rasionaal vir die oorlog in Irak, ‘n “klad” op sy rekord is. Die toespraak het detail uiteengesit oor Irak se wapenprogram, maar intelligensie sou later onomwonde bevestig dat die program nooit bestaan ​​het nie.

Teen die tyd dat dit duidelik was dat daar nooit WMV in Irak was nie, en Clapper gevra is om sy leuens te verduidelik, het hy gegorrel dat die WVM “waarskynlik verskuif is na Sirië”.

Dat Clapper gereeld lieg, is duidelik. Op 12 Maart 2013 het hy voor die Kongres valse getuienis gelewer oor die omvang van die NSA se data-insameling oor Amerikaners. Vier maande later, na die Edward Snowden onthullings, het hy aan die Senaat erken sy getuienis was “duidelik foutief”.

Newsweek het Lindsey Graham as een van Clapper se geesgenote beskryf: “Een van die grootste rasieleiers vir die oorlog in Irak ….” Graham het nou ‘n beroep gedoen dat “rotse, nie klippies nie” op Rusland moet reën.

In die 2003 aanloop tot die oorlog in Irak, het John McCain en Graham se verskynings op TV-debatte soos Meet the Press, Fox News Sunday, en Face the Nation te kere gegaan oor Saddam Hussein se wapens van massa vernietiging.

McCain het op 16 Februarie 2003, op Face the Nation, oorlog aangehits op grond van intelligensie wat wapens van massavernietiging “onthul” het in Irak. Nou beweer dieselfde McCain dat Rusland die VSA in ‘n kuberaanval geteiken het, en dat dit noodwendig oorlog beteken.

Daar is nog geen bewyse van Russiese aandadigheid nie, maar soos in die geval van Irak, hoop die drie die konflik breek uit voor hul aanklagte as vals ontbloot word, as dit reeds te laat is.

Nie die bloed van miljoene mense op hul hande traak die drie nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.