Franse maatskappye verkies wit Franse werknemers

Deel op

Maatskappye in Frankryk word toenemend huiwerig om Arabiere aan te stel. ‘n Franse opname wat verlede Maandag vrygestel is, het aan die lig gebring dat 30 persent van groot besighede wit Franse kandidate verkies.

Tussen April en Julie verlede jaar, het ‘n raadgewende firma in opdrag van die Ministerie 40 ondernemings in ses stede met meer as ‘n duisend mense gepeil, het AFP berig.

Die firma het 3 000 aansoeke vir 1 500 werksgeleenthede namens die 40 maatskappye uitgestuur, en in alle gevalle, het die werkgewer twee aansoeke vir dieselfde werk ontvang van mense met soortgelyke agtergronde, ondervinding en kwalifikasies.

Die enigste beduidende – maar soms beslissende – verskil was name van die aansoekers. Franse name is die enigste manier vir werkgewers om ‘n rasse-onderskeid te maak, omdat openlike rassekategorieë deur die wet verbied word in Frankryk en swaar strawwe dra.

Die opname het bevind dat ten minste 12 van die 40 maatskappye gediskrimineer het teen nie-wit kandidate met Arabies-klinkende name.

Wanneer dit kom by onderhoude, byvoorbeeld, het 47 persent van die kandidate met tradisionele Franse name onderhoude gekry, maar slegs 36 persent van diegene met name uit Noord-Afrika.

Die regering het haastig verklaar dat die peiling “te klein was om te veralgemeen” vir alle Franse maatskappye, maar die minister van arbeid Myriam El Khomri het gesê die houdings bevestig die bestaande ongelykheid.

“Hierdie peiling, van ‘n ongekende skaal, het duidelik ‘n treffende ongelykheid van behandeling in indiensneming ontbloot,” het sy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.