Duitse Afd LP daag pro-migrasie ‘piepie-aanvaller’ uit

Deel op

Die AfD-LP Stephan Brandner dreig om die “heeltemal beskonke Antifa-man met sy mini-orgaan” wat op ‘n AfD kantoor in Thuringia geurineer het te ontbloot as die aktivis ooit probeer om weer moeilikheid te maak by hul kantoor.

Die kiesafdelingkantoor van Thuringia se AfD het ‘n “besoek” van ‘n pro-migrasie “betoger” ontvang wat sy broek laat val het en tevergeefs probeer het om te urineer teen die venster van die kantoor.

Die hele proses is deur Brandner se bewakingskamera reg voor sy kantoor opgeneem. Die “betoger” geklee in ‘n rooi pet waai selfs vir die kamera.

Stephan Brandner het nou met behulp van die piepievoorval ‘n teenveldtog geloods.

Hy het ‘n stilskoot van die opname met die gesig van die “aktivis” gepikseleer. In ‘n openbare Facebookpos, het Brandner aan die “betoger” ‘n ultimatum gestel: As hy binne die volgende paar dae nie kontak met die AfD politikus opneem nie, sal Brandner die foto’s publiseer sonder die anonieme gesig en die “geheel en al beskonke Antifaman met sy mini-orgaan ontbloot”. Brandner se reaksie het viraal op Duitse sosiale netwerke versprei.

Hy dateer dikwels die reaksies op – insluitend skermskote van dreigemente wat hy ontvang – op sy Facebook-profiel.

Nietemin, is dit ‘n ernstige saak in Duitsland: Die AfD se kantore word gereeld aangeval deur pro-immigrasie-aktiviste.

AfD se adjunkstaatsvoorsitter Armin-Paul Hampel het aan die lig gebring dat die party die afgelope jaar meer as 800 gevalle van aanvalle aangemeld het wat wissel van fisiese aanrandings en vandalisme tot partylede se motors as teikens van brandstigting, het die Duitse koerant Die Welt berig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.