Suid-Afrika wil ekonomiese en politieke bande met Wes-Sahara versterk.
President Brahim Gahli van die Saharawi Arabiese Demokratiese Republiek is op ‘n werksbesoek in Suid-Afrika.
Hy vergader vanoggend met president Jacob Zuma. Bande tussen die twee lande dateer terug uit die stryd teen “apartheid en kolonialisme”.
Wes-Sahara is die enigste land in Afrika wat nog gekolonaliseer is en is jare reeds in ‘n geskil met Marokko gewikkel.
Die woordvoerder van die presidensie, Bongani Ngqulunga sê Suid-Afrika steun die vryheid en selfbeskikking van die mense van Wes Sahara.
Die Polisariofront het formele erkenning van 37 lande, en het lidmaatskap in die Afrika-unie. Marokko het voorheen erkenning of ondersteuning vir sy posisie in die gebied van verskeie Afrika-regerings en die Arabiese Liga verkry.
Sedert 2006, het geen ander lidland van die Verenigde Nasies Marokkaanse soewereiniteit oor Wes-Sahara erken nie.