Onderwysdepartement gloei oor anonieme ‘prestasies’

Deel op

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het die distrikte bekend gemaak wat die beste in vanjaar se matriekeindeksamen gevaar het.

Die vak met die meeste onderskeidings was Afrikaans as tweede taal, terwyl landbouwetenskap die minste gehad het.

Die slaagsyfers vir wiskunde en wetenskap het effens gestyg, maar die gehaltebeheerliggaam, Umalusi het vroeër al sy kommer daaroor uitgespreek.

Die voorsitter, John Volmink het wiskunde uitgesonder as die vak waarin leerlinge swak vaar. Dit is bekend dat die departement die gemiddeld jaarliks moet aanpas met soveel as nege persent om die swart wanpresteerders deur te kry.

Motshekga het die aankondigings in Midrand gemaak waar vanjaar se matriekslaagsyfers bekend gemaak is. Die uitslae toon dat meer as 60 000 van die bykans 670 000 matrieks wat vir die eksamen ingeskryf het, nie eksamen geskryf het nie.

Slegs die leerders se eksamennommers word gepubliseer. Die matriekuitslae is van sesuur vanoggend af by skole, in koerante en aanlyn beskikbaar.

Omdat die presteerders nie meer by naam genoem word soos voorheen nie, maar slegs per eksamennommer, moet die bekendmaking van sogenaamde presteerders met ‘n sak sout geneem word, aangesien dit moeilik verifieerbaar is.

Motshekga sê die Overberg in die Wes-Kaap het die hoogste slaagsyfer van 92,7 persent gehad. Die Vrystaat het vanjaar die hoogste slaagsyfer in die matriekeindeksamen met 93 persent.

Die Wes-Kaap is in die tweede plek gevolg deur Gauteng, Noordwes, die Noord-Kaap, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Limpopo en die Oos-Kaap.

Vanjaar se nasionale matriekslaagsyfer staan op 72,5 persent – effens beter as verlede jaar se syfer van 70 persent.

Motshekga sê meer leerders het met universiteitsvrystelling geslaag en meer as 100 skole het geen druipelinge nie. Waarskynlik is die meeste van dié skole Afrikaans.

Duisende matrikulante het oral in Suid-Afrika begin fees vier nadat hulle hul uitslae gekry het.

Altesaam 442 672 leerlinge het die 2016-matriekeindeksamen geslaag, die tweede grootste getal leerlinge in die geskiedenis.

Sowat 50 persent van leerlinge oor die land heen het toelating tot graad- en diplomastudies ontvang.

Die Adjunk-uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), Jaco Deacon, sê leerlinge en leerkragte het hul goed van hul taak gekwyt.

Hy sê leerlinge, ouers en ander familielede het ook ‘n waardevolle bydrae gelewer tot die klas van 2016 se suksesvolle skoolloopbaan. Hy haal ook sy hoed af vir die departement se harde werk ondanks talle uitdagings.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.