Honderde migrante gevang wat Duitse welsynstelsel plunder

Deel op

‘n Ondersoek is van stapel gestuur in meer as 300 gevalle van welsynbedrog deur asielsoekers, almal net in een Duitse stad.

Die ontdekking van welsynbedrog wat miljoene beloop, het daartoe gelei dat ‘n spesiale kommissie aangestel is.

Die nuwe kommissie in die noorde, in die Duitse stad Brunswick, sal welsynbedrog wat gepleeg is deur Soedanese vlugtelinge ondersoek.

Plaaslike verslae dui daarop dat die meerderheid van meer as 300 gevalle verwys na asielsoekers wat in Duitsland aangekom het in 2015. Een bedrieër het vermoedelik soveel as 12 verskillende identiteite gebruik om kontant te steel van staatsvoordele.

Gemiddeld, het elke verdagte die owerhede uit duisende euro’s verneuk. Die asielsoeker met 12 identiteite het “sowat 45 000€ onwettig ontvang,” het die kommissie voorsitter verklaar.

Joern Memenga, die voorsitter van die kommissie, het aan Deutsche Welle verduidelik dat die immigrante hulself ‘n paar keer ingeskryf het deur met verskeie vermommings aan te meld om personeel te flous oor die uitbetaling van verskeie welsynstoegifte.

Asielsoekers wat verlede jaar aangekom het word nou gevra om terug te keer na registrasiesentrums om hul vingerafdrukke te voorsien. “Jy kan dalk jou naam en datum van geboorte vervals, maar jy kan nie jou vingerafdruk vervals nie,” sê Memenga.

Tussen Januarie en Junie het 2016 Duitsland 387 675 asielaansoekers verwelkom, meer as twee keer soveel as wat die land tydens die hele 2014 ontvang het. Memenga sê die personeel was oorwerk en hulle kon nie ag slaan op die vermommings nie.

Die nuus kom nadat dit bekend geword het dat Anis Amri, die terroris wat verantwoordelik is vir die dood 12 mense by ‘n Berlynse Kersmark, verskillende identiteite gebruik het om geld te steel van die Duitse staat om sy terreurplan te finansier.

Die Duitse federale polisie het statistieke wat wys dat die massiewe toename in misdaad in Duitsland ‘n direkte gevolg van Angela Merkel se oop-deur beleid is.

Die verslag, waarvan die vrystelling vanaf Julie, en weer in September opsetlik vertraag is, is uiteindelik gepubliseer in November. Dit ‘n dramatiese toename van 31,6 persent teenoor die vorige jaar.

Die Duitse federale polisie is getaak hoofsaaklik met die beskerming van treinstasies, lughawens, en grense. Die meeste van die aangetekende diefstalle het by óf spoorwegstasies of op treine voorgekom en toon ‘n styging van 25 persent.

Die verslag blameer baie van die misdaad op georganiseerde migrante bendes.

Die grootste toename in misdaad by verre egter behels immigrante en die skending van asielwette insluitend onwettige immigrasie en mensehandel, met ‘n toename van 151,6 persent in 2016.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.