Franse redakteur stuur meningsnavorsers in hul peetjie

Deel op

‘n Franse redakteur het meningspeilings heeltemal uit sy koerant gesny nadat hulle versuim het om Brexit, en Trump se oorwinning te voorspel.

Die redakteur van een van die mees gewilde koerante in Frankryk se sê hy is van plan om die gebruik van betaalde meningsnavorsers in sy publikasies te staak.

Voor die presidensiële verkiesing volgende jaar sê Stephane Albouy, wat Le Parisien en sy suster publikasie Aujourd’hui en France bestuur, die groot mislukking van maatskappye wat opnames doen om Brexit of Trump se oorwinning voorspel, wys hoe nutteloos hulle is.

Albouy sê joernaliste behoort liewer “op die grond verslagdoening” te lewer in plaas daarvan om op peilings te vertrou. “Ons dink al so vir ‘n geruime tyd, veral na Brexit en die verkiesing van Donald Trump,” het hy aan AFP gesê.

“Dit is nie ‘n kwessie van die verontagsaming van menigspeilings soveel as wat dit die eksperimenteer met ‘n ander werkswyse voor die verkiesing is nie,” het hy verduidelik. Le Parisien en Aujourd’hui af France spandeer duisende euro per jaar om navorsers te betaal vir meningspeilings.

Altwee koerante is baie soortgelyk hoewel Le Parisien plaaslike Paryse nuus ook aanbied.

Terwyl hy sê hulle sal nog kommentaar lewer oor peilings wat ander titels plaas, sal sy twee publikasies slegs fokus op indiepte ontledings, en nie die nuus wat soos ‘n perdewedren klink nie.

“Ons wil die soort van kommentaar verhoed wat ‘n perdewedren vergesel, altyd die fokus op wie die voortou neem,” het hy gesê. “Ons wil konsentreer op indiepte, op die kandidate en hul idees.”

“Die media verduur baie kritiek omdat hulle afgesny is van die werklikheid,” het hy gesê. “So ons werklike verslagdoening prioritiseer. Dit sal meer kos as betaalde meningsnavorsing, en ons sal harder moet werk.”

Le Parisien en Aujourd’hui af Frankryk verkoop meer as 300 000 eksemplare per dag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.