Keulen se polisiehoof verdedig rasprofilering

Deel op

In ‘n poging om ‘n herhaling van verlede jaar se massaseksaanvalle in Keulen te voorkom, het die polisie rasprofileing toegepas op manne van Noord-Afrikaanse afkoms op Oujaarsaand, het Deutsche Welle berig.

Polisiehoof Jürgen Mathies staar hewige kritiek in die gesig vir die prys van sukses met rasprofilering. Wetstoepassers verdedig die gebruik van ras om misdadigers tydens Oujaarsaandvieringe uit te snuffel.

Mathies het gesê: “Ons het groepe mense wat vergelykbaar aggressief was,” met die aanvalle verlede jaar uitgesoek. Volgens die polisiehoof, na die identifisering van 650 mense, is 190 beveel om die gebied te verlaat, 92 is in hegtenis geneem en 27 is in hegtenis geneem en weer vrygelaat.

“Op die sentraalstasie het ons honderde Nafris gekontrolleer” het die Keulen-tak van Noordryn-Wesfaalse polisie getwiet. Maar die term “Nafris” het nog ‘n ander herrie veroorsaak. Dit blyk Duitsland se nuwe k-woord te wees.

Mathies het erken dat beamptes spesifiek “Nafris” geteiken het, manne van Noord-Afrikaanse afkoms, want “vir die oorgrote meerderheid, was daar ‘n duidelike bedreiging van kriminele aktiwiteite teenwoordig.”

Hy het bygevoeg: “Ons het ‘n duidelike idee van wat ons moet kontrolleer. Dit was nie gryskop oudstes of blonde jong vroue nie.”

Die owerhede het nou ook onder skoot gekom vir die gebruik van die woord “Nafris” op sosiale media. Mathies het intussen om verskoning gevra vir die gebruik van die term op sosiale media, maar gesê “Nafris” is deel van die polisiejargon.

In ‘n vertroulike polisiedokument, word “Nafris beskryf as aggressiewe, gewapende, jong mans uit Noord-Afrika.”

Keulen se polisiewoordvoerder Wolfgang Baldes het aan Die Welt gesê al jare het die stad probleme met die pleeg van misdade deur die mense van Noord-Afrika.

“Die hoë aantal duidelik aggressiewe jong mans, hoofsaaklik uit Noord-Afrika, wat weer op Keulen, asook Essen en Dortmund toegesak het, is skrikwekkend,” die Westfalen Blatt geskryf.

Groen Party mede-voorsitter Simone Peter bevraagteken die “wettigheid” van die polisietaktiek. “Dit laat die vraag van proporsionaliteit en wettigheid ontstaan as sowat 1 000 mense gekontrolleer en gedeeltelik aangehou word gebaseer op alleen hul voorkoms,” het Peter aan ‘n plaaslike Duitse koerant, die Rheinischen Post gesê.

Peter se kollega Volker Beck het ook in die die Rheinische Post daarop gewys dat die arrestasie van mense op grond van etnisiteit ‘n misdaad en ‘n skending van ‘n anti-rassisme konvensie die VN is.

Verlede jaar het duisende mans van Noord-Afrika en die Midde-Ooste mans in Keulen honderde vroue aangerand. Die massa seksuele aanvalle is daarna skaamteloos deur politici wat saamgesweer het met die Duitse media, toegesmeer.

Hierdie jaar het die stad sowat 3 000 polisiebeamptes ontplooi, tien keer soveel as in 2016.

Die Duitse nuusagentskap DPA, het Christopher Lauer, ‘n voormalige politikus van die Sosiaal-Demokrate (SPD), het die rasprofilering “vooroordeel teen ‘n hele groep mense op grond van hul voorkoms.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.