Top-Trump raadgewer sê CIA se kierangs gaan braai

Leopold Scholtz en 'n Hillary-ondersteuner, sy geesgenoot
Deel op

‘n Topassistent van verkose pres. Donald Trump het Sondag gesê Amerika het oneweredig opgetree toe hy besluit het om 35 Russiese diplomate uit die VSA te skop.

‘n Vliegtuig met 35 Russiese diplomate en hul families moes Washington Sondag verlaat en terugkeer na Rusland, nadat die Obama-administrasie naarstiglik na redes moes soek om verhoudinge tussen Rusland en die VSA verder te versuur voordat Trump oorneem.

Pres. Barack Obama het dié diplomate uit die land geskop nadat vals nuus versprei is oor Rusland se beweerde inmenging in die Amerikaanse presidentsverkiesing.

Sean Spicer, Trump se nuwe Withuis-woordvoerder, het aan ABC gesê hy gaan moeilike vrae aan Amerikaanse spioene vra.

Obama se stap om die Russiese diplomate uit te skop, volg ná ‘n ondersoek deur die CIA, die Amerikaanse geheime diens. Dit het sedertdien duidelik geword dat die CIA ‘n duidelike politieke agenda nastreef net soos met hul liegstories oor “wapens van massavernietiging” in Irak as verskoning om die Midde-Ooste te gaan destabiliseer.

Trump vergader vandeesweek met die intelligensiedienste.

Hy het die laaste tyd bewerings deur Amerikaanse intelligensieagentskappe dat Rusland die Amerikaanse presidentsverkiesing met kuberkrakery wou beïnvloed, van die tafel gevee.

Spicer sê toe kuberkrakers van China in 2015 op die Amerikaanse regering se rekenaarstelsels toegeslaan en die persoonlike inligting van vier miljoen huidige en voormalige federale werknemers gesteel het, was daar geen openbare optrede nie.

“So ‘n mens kan vra of daar hierdie keer politieke vergelding was eerder as ‘n diplomatieke reaksie,” sê Spicer.

Die diplomate het 72 uur gehad om die land te verlaat.

Intussen het Media24 die CIA se wolhaarstories van CNN gedienstig herhaal:

“Volgens dié koerant [Guardian] het die Russiese owerhede reeds opdrag gegee dat die Anglo-Amerikaanse skool in Moskou gesluit word waar die kinders van Amerikaanse, Britse en Kanadese diplomate skoolgaan. Dit kan verreikende gevolge vir Westerse diplomate in die Russiese hoofstad inhou.”

Dié vals nuus kom van CNN en die Guardian het bloot herhaal wat CNN berig het.

Die inligting oor die sluiting van die Anglo-Amerikaanse skool in Moskou is versprei deur CNN en is heeltemal vals, het die Russiese ministerie van buitelandse sake se woordvoerder, Maria Zakharova, op haar Facebook gesê.

“Amerikaanse amptenare is ‘anoniem ingelig’…Dit is ‘n leuen. Blykbaar het die Withuis heeltemal sy beheer verloor oor sy sintuie en begin nou sanksies teen sy eie kinders uitroep.”

“Die CNN TV-kanaal en ander Westerse media het weer vals inligting versprei met verwysing na die amptelike Amerikaanse bronne,” het Zakharova gesê.

‘n Groter kopseer vir die anti-Trump juigkommando by Naspers, is WikiLeaks. Julian Assange het nog plofbare materiaal belowe en reeds aangedui dat dit 1000 persent seker is dat Rusland nie kuberinbrake gepleeg het wat die Demokrate se onderduimshede ontbloot het nie.

Naspers ignoreer WikiLeaks soos ‘n stopstraat, terwyl Leopold Scholtz op Maroela Media probeer voorgee dat hy nog nooit ‘n Hillary-ondersteuner was nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.