Trump kap ‘Russiese kuberkrakers’ versinsel in Nuwejaarsopmerkings

Deel op

Amper-president Donald Trump het kortliks aan verslaggewers op Oujaarsaand by sy Mar-a-Lago-landgoed in Palm Beach, Florida die amptelike weergawe van “Russiese kuberkrakers” wat glo ingemeng het met die verkiesing bevraagteken, berig Reuters.

“Dit is ‘n redelik ernstige aanklag,” het hy gesê. “En as jy kyk na die wapens van massavernietiging, dit was ‘n ramp, en hulle was verkeerd.”

Trump het gesê: “Ek weet baie oor kubermisdaad. En kuberkrakery is ‘n baie moeilike ding om te bewys. So dit kan iemand anders wees. En ek weet ook dinge wat ander mense nie weet nie, en so hulle [die media] kan nie seker wees van die situasie nie.”

Hy het aangedui dat hy ‘n paar voorheen onbekende feite in die komende dae sal openbaar, en bygevoeg: “Ek weet ook dinge wat ander mense nie weet nie.”

Op ‘n vraag wat daardie inligting is, het die nuwe Amerikaanse president gesê: “Jy sal uitvind op Dinsdag of Woensdag.” Hy het nie uitgebrei nie, maar in ‘n verklaring Donderdag in reaksie op Obama se jongste manewales om hom swart te smeer, het hy gesê hy sal intelligensie-amptenare ontmoet, het die Guardian berig.

“Hopelik gaan ons goeie verhoudings met baie lande hê en dit sluit Rusland in en dit sluit China in,” het Trump in reaksie op anti-Russiese sentimente in die media verklaar.

Nuwe aanklagte dat Rusland die VSA se elektrisiteitsnetwerk in Vermont gekraak het, is gebaseer op anonieme “amptenare”, en verkondig deur die linkse megafoon, The Washington Post, maar intussen as valse nuus ontbloot.

Die Post het ‘n verdoemende opskrif gepubliseer, wat verklaar dat “Russiese krakers slaan toe op ‘n Vermont-nutsmaatskappy” wat moontlik ‘n gevaar “vir die Amerikaanse elektrisiteitsveiligheidsnetwerk” inhou.

Die eerste berig Vrydag, het die Russe beskuldig van kuber-aanvalle teen die Verenigde State van Amerika, teen een van die mees sensitiewe potensiële teikens van die land wat uiteindelik tot ‘n oorlogsverklaring kan lei.

Die nutsmaatskappy, Burlington Electric, het daarna gou ‘n verklaring uitgereik dat ‘n onlangse ondersoek van sy IT-stelsels net een skootrekenaar gekry het met ‘n paar virusse en dat die skootrekenaar nie gekoppel was aan die netwerk nie.

Die koerant moes inderhaas terugkrabbel en in hul aanvanklike regstelling gesê owerhede het nie sulke “aanduidings” gehad nie. Op sosiale media het die Post wydverspreide veroordeling ontvang omdat hulle “valse nuus” versprei.

Dit wil boonop voorkom asof die virusse eintlik ‘n Oekraïense oorsprong gehad het. Dit lyk ook asof “valse nuus” net uit linkse bronne kom.

Wordfence, ook ‘n bekende IT-sekuriteit maatskappy, het na ‘n gedetailleerde ondersoek bevestig. “Die virusse is oud, word wyd gebruik en blyk Oekraïens te wees. Dit het geen oënskynlike verhouding met Russiese intelligensie nie.”

Geen bewyse van ‘n Russiese spoor is nog vrygestel nie, slegs verdagmakery vier hoogty, en uiteindelik moes die Washington Post ‘n regstelling van sy artikel uitreik: “‘n Vroeëre weergawe van hierdie storie is verkeerd wat beweer het dat Russiese krakers die VSA se elektriteitsnetwerk binnegedring het. Owerhede sê daar is geen aanduiding daarvan tot dusver nie,” lui die verklaring.

Dit is nie die eerste keer dat die Washington Post ‘n verslag versin met ongegronde en misleidende bewerings nie. Op 24 November het ‘n artikel deur die koerant beweer dat Rusland in werklikheid agter ‘n massiewe verspreiding van “valse nuus” is wat die Amerikaanse presidensiële veldtog in November verlede jaar geswaai het.

Die koerant het sogenaamde “kenners” aangehaal, ‘n groep genaamd PropOrNot, wat meer as 200 webwerwe “geïdentifiseer” het in die verspreiding van Russiese propaganda. Die artikel het ernstige kritiek van mense op sosiale media getrek, asook joernaliste wat PropOrNot se eie twyfelagtige bestaan ontbloot het.

Vermoedelik kom die aanvalle van miljardêr Jeff Bezos wat die CIA se inligtingsplatform bedryf en ‘n Trump-hater is, want die CIA was ook op die aanval.

Trump het die bewerings verwerp as “belaglike” etikettering en “nog ‘n verskoning” deur die Demokrate vir die ineenstorting van Hillary Clinton se mislukte veldtog.

Via Twitter het Trump liefde gestuur aan “my baie vyande en die wat die geveg teen my so erg verloor het hulle weet net nie wat om te doen nie”. Maar klaarblyklik weet hulle wat om te doen: Hulle versprei vals berigte en kla dan regses aan dat hulle “valse nuus” die wêreld instuur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.