Toeriste onder slagoffers in Istanboel-skietery

Deel op

Ten minste 16 buitelandse toeriste was onder die 39 mense wat in die vroeër ure van Sondag op Nuwejaarsdag in die gewilde Reina-nagklub in Istanboel, Turkye, deur ‘n gewapende aanvaller geklee in ‘n Kersvader-uitrusting, doodgeskiet is.

Die Turkse minister van binnelandse sake, Suleyman Soylu, het volgens die nuusagentskap AFP gesê 21 van die slagoffers is tot dusver uitgeken, waarvan 16 buitelanders was. Die ander vyf is Turke.

Die res van die oorledenes moet nog uitgeken word, het hy gesê.

‘n Verdere 69 gewondes word in hospitale in die stad behandel, met ten ministe vier wat in ‘n kritieke toestand is.
Soylu het gesê die soektog na die aanvaller duur voort.

Volgens die NTV-televisiediens het van die besoekers aan die nagklub in die Bosferus (seestraat tussen die Swartsee en die See van Marmara) gespring om die aanvaller se koeëlreën te ontvlug.

Hulle moes later uit die yskoue water gered word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.