Maksimumsekuriteitstronk weer oop na bendegeweld 3 eis

Deel op

Sowat 30 bendelede het die dag na Kersfees tronkamptenare aangeval tydens ‘n ontbytdiens wat daartoe gelei het dat die tronk vir besoekers gesluit is na sterftes gedurende die geweld.

Drie gevangenes is die dag ná Kersfees by die maksimumsekuriteitsgevangenis in Port Elizabeth se St Albans-gevangenis dood in die aanval deur bendelede en meer as 20 is beseer.

Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste Zach Modise het gesê sowat 30 bendelede, meestal van die dodelike en berugte 27s en 28s bendes in St Albans gebruik het tydens die ontbytdiens hul kans waargeneem.

St Albans, een van die “top vyf” maksimumsekuriteitgevangenisse in Suid-Afrika het ‘n reputasie vir bendegeweld teen bewaarders en die smokkel van dagga en Mandrax.

Die steekgevegte het in die eetkamer plaasgevind van die maksimumsekuriteitsarea, wat 647 gevangenes huisves. Ten tyde van die aanval was slegs 33 gevangenes vrygelaat uit twee selle.

In ‘n verklaring ná die besoek aan die gevangenis het adjunkminister Thabang Makwetla gesê die oortreders het skerp voorwerpe en selfgemaakte messe gebruik.

Die streekskommissaris van die departement van Korrektiewe Dienste in die Oos-Kaap, Nkosinathi Breakfast, sê die situasie by die St Albans-gevangenis in Port Elizabeth is weer onder beheer.

Die departement oorweeg dit om die tydelike sluiting van die tronk vir besoekers, later vandeesweek op te hef.

Die sluiting het gevolg na die gevegte tussen die gevangenes en die bewaarders.

Breakfast sê die situasie is terug na normaal en hulle sal aandag skenk aan die gevangenes se klagtes. Hy sê die meeste gevangenes het Sondag weer begin eet na ‘n hongerstaking.

Breakfast sê die ontevredenheid handel oor algemene probleme soos kommunikasie, kwessies oor beleid en voorregte wat nie verstaan word nie. Hy wou nie meer besonderhede verskaf nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.