Leon Lemmer: Gelykheid, ‘n utopiese droom

Deel op

Wat is gelykheid (“equality”)? Dit kan “van dieselfde hoogte” beteken. In die natuur is ‘n vlakte of ‘n plato min of meer gelyk; so ook die wateroppervlak van ‘n meer of die see. Maar berge is nie gelyk nie. Hulle dui juis op die ongelykheid van die aardoppervlak. As riviere gelyk was, sou die water nie vloei nie. As ons na die hemelruim kyk, sien ons bolvormige voorwerpe soos die son, maan en planete. Dan besef ‘n mens dat die planeet Aarde ook ‘n bol is, dus eintlik glad nie gelyk is nie. In die natuur is “die groter prentjie” dus dié van ongelykheid. “Contrary to what some have claimed and are still claiming, the fundamental building block of nature is not equality but inequality” (Martin van Creveld, bron hier onder, Kindle 3893). Eeue lank was die mensdom op die verkeerde spoor toe veronderstel is dat die aarde plat of gelyk is. Dit toon dat die meerderheid mense op ‘n dwaalspoor kan wees. Daarom kan ongekwalifiseerde algemene stemreg in ‘n demokrasie gevaarlik wees.

Wat vir die natuur geld, geld nie noodwendig vir die mens nie. Die mens word immers dikwels die kroon van die skepping of werklikheid genoem. As ‘n skare staan of sit of lê, is die volwasse mense seker min of meer gelyk, dus dieselfde hoogte. Maar die begrip gelykheid, soos gebruik in die politiek, het meer met die mens in sy geheel en veral met sy gees te make. Dit beteken nie dat die liggaam geen rol speel nie. Volgens die mode-ideologie van die oomblik moet sowel liggaamlik as geestelik gestremdes as gelykes, in die sin van “(potensieel) net so goed of bekwaam,” behandel word. Blindes moet dus toegelaat word om in dieselfde mate as siendes wegkruipertjie te speel of vir minerale te prospekteer. Verstandelik gestremdes moet in dieselfde skoolklas as nie-gestremdes kan presteer. In die praktyk is die resultate egter ontnugterend. ‘n Skynplossing vir hierdie probleem word verkry deur ‘n verbod op akademiese rangorde te plaas. Skoliere mag nie weet of selfs vermoed dat sommige van hulle beter as ander presteer nie. Mededinging en gevolglik ook prestasie word ontmoedig. Akademiese onbekwaamheid, selfs waar daar ‘n gebrek aan toewyding is, word met ekstra aandag beloon terwyl die belange van buitengewoon begaafde skoliere, die potensiële leiers in die samelewing, verwaarloos word.

Die getal en veral die gehalte van Martin van Creveld (gebore in 1946) se boeke is indrukwekkend. Ek bepaal my aandag by een van sy jongste werke, Equality: the impossible quest (Kouvola, Finland: Castalia House, 2015, 282p; Amazon Kindle $7,97). In hierdie boek speur Van Creveld die gebrek aan gelykheid van die vroegste tye af tot op hede na. Die veronderstelling van gelykheid maak diskriminasie taboe (Kindle 20). Daar word geredeneer: “Where there is no equality there can be neither justice nor liberty. On the other hand, equality itself is not without its dangers. Should it be pushed too far, it can easily reach the point where it limits, or even eliminates, both liberty and justice” (20). Thomas Hobbes (1588-1679) word soos volg geparafraseer: “Perfect equality, like its concomitant perfect liberty, can only exist when each individual lives alone in a desert, where it is meaningless” (316). Waar daar, soos in die nuwe Suid-Afrika, regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging is, word bepaalde etniese groepe, naamlik nie-wittes en veral swartes, vir bevoordeling uitgesonder en kan daar nie sprake van die gelyke behandeling van etniese groepe wees nie. ‘n Kern vergryp in die nuwe Suid-Afrika is dat sommige mense (nie-wittes, veral swartes) op grond van hulle etnisiteit/groepverwantskap bevoordeel word pleks van op grond van individuele verdienstelikheid. Insgelyks word ander mense (veral blankes) suiwer op grond van hulle etnisiteit/groepverwantskap benadeel, sonder inagname van hulle individuele verdienstelikheid. Inter-etnies is daar nie gelykberegtiging nie.

Dit is moeilik om gelykheid te definieer omdat dit in wyd uiteenlopende kontekste gebruik word: “There is equality before God and there is equality here on earth. There is natural equality and there is the kind of equality that human society creates. Some people even want to extend equality to animals and plants as well. There is equality of body and there is equality of mind. There is economic equality and there is equality before the law. There is civic equality and there is political equality and there is equality of opportunity and there is equality in death. There is equality among individuals and there is equality among groups, nations, and races. In Aldous Huxley’s Brave New World [1932] this truth is held to be self-evident that men (and women, though Huxley does not say so) are equal in respect to their bodies’ physico-chemical makeup but in no other way” (33). ‘n Groot mate van DNS-eendersheid sluit egter nie groot kulturele verskille uit nie.

In Suid-Afrika is die blankes ‘n minderheidsgroep. In Amerika is die tradisionele wit meerderheid vinnig besig om ‘n minderheid te word. “Increasingly, society is treating the minority, which in developed Western countries consists of able-bodied heterosexual white males, as if they were less than equal. As so often in history, equality for some can only be achieved by discriminating against all the rest” (95). Hoewel gelykheid deesdae as iets voorgehou word wat letterlik natuurlik is, is die teenoorgestelde in werklikheid die geval. “However much some people may resent the fact, in nature inequality and not equality seems to be the rule” (108). Elkeen behoort te kry wat hy verdien eerder as wat hy begeer (183). Mededinging/kompetisie is ‘n beproefde manier om mense aan te moedig om te presteer, dus om die voordele van dominansie, van beter wees, te geniet (133). Mededinging is egter iets wat in bv sosialistiese SJW-samelewings* ter bestendiging van die gelykheidsmite ontmoedig word. Byvoorbeeld, selfs Karl Marx (1818-1883) het besef dat “egalitarianism is incompatible with the needs of a sophisticated industrial civilization” (308). [* SJW = “Social Justice Warrior”: ‘n geykte Amerikaanse frase wat as etiket gebruik word vir diegene wat hulle op ‘n selektiewe manier beywer vir die bevoordeling van veral sekere etniese en geslagsgroepe (Praag 1.11.2015).]

Van die vroegste tye af was daar ongelykheid. “All human societies recognize differences of age and sex* which translate into differences in the ability to produce food as well as different rights and duties … some of the oldest justifications for inequality originated in magic, spirit-worship, religion, or whatever a sense of the supernatural is called … at first, prophets, sharmans, and assorted micracle-workers were able to translate their knowledge into influence. As influence gradually grew into authority, authority into power, and power into property and privilege, chiefdoms emerged” (424). Religie impliseer “some kind of claim of closeness to the gods” (530), maar ingebou daarin is daar ‘n hiërargie van ongelykheid. “Among humans as well as many animals, inequality, accompanied by deference – meaning inequality that is recognized – was exactly what held the community or group together” (431). In die geskiedenis was ongelykheid “perhaps the most important means of maintaining social order and stamp out any attempt to resist it” (1264). [* In die hedendaagse samelewing word die ontkenning (in beginsel) van enige vorm van geslagsongelykheid of -verskille dermate oordryf dat ons die gevaar loop om almal as mono- of multi-seksueel bestempel te word.]

In antieke Mesopotamië en Egipte was daar “some of the most unequal and most hierarchical despotisms” (496). In antieke Griekeland is mense se plek in die hiërargie deur drie faktore bepaal: “their politico-military prowess, their wealth, and their ancestry” (454). Daar was bv aristokrate en gewone mense (461) en natuurlik ook slawe (600), wat nie-burgers was (648). Vroue is ook nie as burgers erken nie (820). In Sparta “only old men could be elected to the Senate, and … the kingship was hereditary and limited to members of just two families” (593). In Athene was daar mettertyd wel gelykheid voor die wet (641, 668). “In both Sparta and Athens equality … was rather exclusive. Inside each city it only embraced a fairly small part of the population” (827). “What equality existed came at the expense of liberty (in Sparta) and stability (in Athens)” (834).

In ander antieke stadstate rondom die Middellandse See, bv Kartago, was aristokrate in beheer en is vreemdelinge nie as burgers aanvaar nie (850). Rome en sy Ryk was vier en ‘n halwe eeue lank ‘n aristokratiese republiek (863) of monargie (923). Behalwe slawe was daar drie klasse: die senatore, ridders en gewone mense. Gelykheid voor die wet het nie bestaan nie (863). Ongelykheid is as vanselfsprekend aanvaar (883), bv dié van vroue, kinders, slawe en vreemdelinge (897). In die Romeinse Ryk en in mindere mate in antieke Griekeland was daar soms slawe-opstande (1303). “The Romans … were one of the most hierarchical empires in the whole of history. Furthermore, the collapse of Rome laid the basis for European, ie Christian, feudalism”* (524). Die feodale stelsel het burokrasieë omvat wat deur “the crassest forms of inequality” gekenmerk is (530) en het uit “the three classes: warrior-aristocrats … priests … and peasants” bestaan (1196). [* Feudalism: “At the head of the system the crown owned all the land. Beneath the crown, an intricate network of duties and obligations linked royalty, tenants-in-chief (such as barons), under-tenants (knights), and villeins (serfs)” (Collins World Encyclopedia, 2003, p 337).]

Die lede van die vroeë christelike gemeentes het hoofsaaklik uit die laer klasse gekom “and were as egalitarian as any communities have ever been” (1053). Toe die christelike religie egter die staatsgodsdiens geword het, die Kerk “lost no time in building an enormously elaborate hierarchy that consisted of patriarchs, hegemons, cardinals, archbishops, bishops, deacons, and a whole host of less important dignitaries” (1053). Hiërargieë het gehelp om die orde/dissipline te bewaar (1394, 1692). In die kloosters was daar, afgesien van die hoof, egter ‘n groot mate van gelykheid (1394). “Socially the only distinctions are those between veteran monk and novice, guru and student” (1407).

In Oosterse lande het dit onder die invloed van bv Confucius (551-479 vC) om harmonie gegaan en nie om gelykheid nie (998). Hy het hiërargie beklemtoon (4012). Eers vanaf 1912 is die Chinese politiek nie meer op Confucianisme gebaseer nie. Oor gewone mense het Confucius gesê: “They needed to be kept firmly in their place” (1012); ‘n elementêre les wat nog nie deur bv die ANC-regering en die plaaslike universiteitsowerhede geleer is nie. “The Quran itself contains several verses that prohibit believers from questioning social inequalities, claiming that they were instituted by Allah in person,” maar “equality before God … few doubted” (1073). Soos in die geval van die christelike religie “equality before God served as an excuse not to institute it on earth” (1080). Maar anders as in die Rooms-Katolieke Kerk “the Moslem clergy, or ulama, remained surprisingly egalitarian” (1087).

Thomas Hobbes (1588-1679) het geredeneer dat gelykheid net in ‘n “absolute state” afgedwing kon word. John Locke (1632-1704) het gelykheid uit die christelike godsdiens probeer aflei (1753). Thomas Jefferson (1743-1826) het hierby aansluiting gevind met sy uitspraak: “All men are created equal” (1903). In werklikheid vind ons dat kinders in dieselfde gesin van die begin af aansienlik kan verskil, bv wat intelligensie betref. Daarom skryf Van Creveld: “In all of history, nothing could be less self-evident than the idea that everybody was, or ought to be, equal” (2452). Dit geld nie noodwendig slegs individue nie, maar (dalk) ook “rasse” (2452). “To deny that different groups of human beings have different physical characteristics is sheer hypocrisy … True racism consists of three elements. First, there is the notion that the groups in question differ not only physically but mentally … Second, those characteristics are said to be inherent and heritable, so that they pass from one generation to the next. Third, the people of some races are superior to others and are entitled to rule over them … There probably has never been a society that did not hold at least one of these beliefs” (2458).

Volgens Charles Montesquieu (1689-1755) beteken gelykheid “not that everybody should command, or that no one should be commanded, but that we obey or command our equals … for socio-economic equality, political equality was largely meaningless” (1882). Dit verduidelik wat die dryfkrag agter parasitering in die vorm van bv swart ekonomiese bemagtiging in die nuwe Suid-Afrika is. In die menseregteverklaring van die Franse Revolusie (1789) staan: “Men are born and remain free and equal in rights” (1956). Die slagspreuk van vryheid, gelykheid en broederskap het weerklank in opstande onder kleinboere/”peasants” (1359) en slawe gevind (1316) met chaotiese gevolge, want “equality and liberty are, in principle, incompatible” (1760). Die Vichy-regering in Frankryk (1940-1944) het ‘n heeltemal ander slagspreuk gehad: “Work, family, fatherland” (1984).

“The idea of equality goes back to ancient Athens, and that of liberalism to the ancient Roman libertas” (2079). Die term “sosialisme” is in 1832 die eerste keer gebruik en “kommunisme” agt jaar later. “Both terms have in common that they refer to ideologies intended to combat the kind of socio-economic inequality which democracy and liberalism barely touched” (2079). “Vladimir Lenin [1870-1924] drew a clear line between socialism and communism. Socialists hoped to achieve their goals gradually, peacefully, and by democratic means as more people voted for them. Not so communists, who believed they could only do so by setting up a tight body of disciplined party members, engaging in bloody revolution, and imposing the dictatorship of the proletariat” (2218). “Proletariaat” beteken letterlik “die klas wat nie eiendom besit nie”. Dit is hierdie massa, die gepeupel, wat weens ongekwalifiseerde algemene stemreg in 1994 in groot mate (skynbaar) beheer oor die lot van Suid-Afrika oorgeneem het. Karl Marx het voorspel dat so ‘n gebeurtenis “led to the creation of the dictatorship of the proletariat or, to be precise, of a small clique of determined leaders who claimed to represent it” (2313).

Burgerlike of politieke gelykheid bring egter nie outomaties sosio-ekonomiese gelykheid mee nie (2225), vandaar die talle maatreëls van die ANC-regering om blanke besittings aan swartes te verkwansel. Sosio-ekonomiese gelykheid is tot ‘n mensereg verhef (3483). Oor Suid-Afrika skryf Van Creveld: “Today, especially when it comes to government work, instead of whites discriminating against blacks, blacks in power often discriminate against whites” (2751). Hy vra tereg: “Is there really any reason why some should be entitled to something regardless of work, merit, or accomplishment?” (2272).

Sedert 1965 word in Amerika en toenemend in die res van die wêreld vereis dat sogenaamde benadeeldes “be treated equally with everybody else and be given special rights … equal opportunity is essential, but not enough” (3217). “This is equality with a vengeance … often it made the more equal more equal still” (3239). “Equality was manipulated to favor the less equal” (3258). “Being white, male and heterosexual gradually became a handicap” (3245). “To cite George Orwell [1903-1950]… people who fall into any of these three categories have been turned into unpersons” (3258); [ie have been] “dehumanized” (3333).

In hulle Kommunistiese Manifes (1848) maak Marx en Engels (1820-1895) daarop aanspraak dat werkers geen vaderland het nie. “Did not Lenin and his successors declare themselves to be ‘internationalists’?” (2582). Dalk verduidelik dit waarom bv Suid-Afrikaanse universiteite deesdae eerder van Afrika en van die hele wêreld wil wees en neersien op plaaslikheid/parogialiteit. Die bevordering van veral Afrikanerkultuur word as die toppunt van bekrompenheid/benepenheid geëtiketteer. “Starting in 2001 more than seventy public universities have introduced admission standards designed to make the less equal more so and the more equal less so” (3293). “To make some people more equal others are systematically being made less so” (3306).

Mense kan nie lewe sonder om onderskeide (bv tussen ons en hulle) te maak nie. Slegs as ‘n mensegroep heeltemal vry van onderskeide was, sou die utopiese droom van gelykheid werklikheid word. “Where there are no distinctions there can be no superiority” (1896). In die geskiedenis is die kwessie van gelykheid aanvanklik selde genoem. “Too often people could not even imagine it” (1685). “Maintaining equality over time is at least as hard as establishing it” (1889). “Whatever equality was established never lasted for long” (1288). “Generally the more homogeneous an empire, ethnically speaking, the longer it lasted” (1251).

Wanneer almal kameradelik broers en susters word, word daar steeds ‘n onderskeid gemaak. En as daar net broers is? Selfs dan word ‘n verskil soos ongelykheid nie noodwendig uitgesluit nie. Dink bv aan wat Albert Schweitzer (1875-1965) gesê het: “The African is my brother, but he is my younger brother by several centuries” (Frank S Pepper, Contemporary biographical quotations, London: Sphere Books, 1986, p 248). Verskille in ontwikkeling word deesdae dikwels ontken of verswyg. Daarom het Van Creveld reg wanneer hy skryf: “Man is the animal that invents its own past” (2079). Waar sal ons uiteindelik gelykheid vind? “Death is the great equalizer” (3654). Selfs dít is nie in alle opsigte waar nie. In die nuwe Suid-Afrika ervaar ons daagliks hoe sommige dooies gehuldig word: “Heroes are transformed into villains, villians into heroes. Equilibrium, meaning a situation in which all are equal, is never achieved in death any more than it is in life” (3769).

By mense is sowel gelykheid as eendersheid mites, oftewel wensdenkery. Maar hierdie onrealistiese begeerte is onderliggend aan die ras- en geslagskwotas wat in sport en aan universiteite en in feitlik iedere sektor van die Suid-Afrikaanse samelewing opgedring word. Maar kwotas geld uitsluitlik ter bevoordeling van nie-wittes, veral swartes. Daarom kon die Suid-Afrikaanse sokkerspan tydens die Wêreldtoernooi, wat in 2010 plaaslik aangebied is, doelbewus as ‘n toonbeeld van swart nasionalisme alle blanke spelers uitsluit. Blankes moet voortaan in al die nasionale krieketspanne ‘n minderheid (hoogstens 5 uit 11) wees. Die ANC-regering skryf voor dat sportsoorte soos krieket en rugby geen internasionale byeenkomste plaaslik mag aanbied alvorens hulle genoegsaam getransformeer het nie. Tydens apartheid is politieke inmenging in sport veroordeel en is blanke spanne verbied om internasionaal mee te ding. Deesdae word erge politieke inmenging sonder meer geduld omdat dit onder meer ter bevoordeling van swartes en ter benadeling van blankes bedryf word.

Veralgemenend kan gesê word dat dit lyk asof party etniese groepe of individue opbou en ander afbreek. Daar mag nie gesê word dat een beter as die ander is nie, maar hulle verskil sekerlik. Waarom is daar geen debat oor of die misdadigers wat by die vernietiging van skole, universiteite, treine, ens, betrokke is die demografie weerspieël nie? Waarom word daar nooit verskoning gevra vir sulke wandade en misdade nie? Dit lyk asof etniese groepe en individue nie bloot verskil nie, maar selfs hemelsbreed kan verskil. Hulle is so ver van gelykheid en eendersheid verwyderd dat een die ander nie naatloos kan vervang sonder skouspelagtige verbetering of ernstige insinking nie.

Wat ek probeer aantoon het, is dat daar hedendaags die neiging is om gelykheid en by implikasie eendersheid te beklemtoon en ongelykheid en verskille te ignoreer. Ter wille van ewewig behoort ons daarop aangewese te wees om ook ongelykhede en verskille te erken. Sommige ongelykhede en verskille is dalk vatbaar vir verandering terwyl ander so stewig ingebed kan wees dat transformasiepogings vrugteloos blyk te wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.